Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
DA-woordvoerder durf sy 2de Comrades aan

Die DA het met die afgelope verkiesing nie ’n maklike pad gehad nie, maar Sondag wag nóg ’n moeiliker roete op Solly Malatsi, die party se nasionale woordvoerder.

Die 33-jarige Malatsi sal Sondagoggend voor hanekraai by die Durbanse stadsaal vir die 94ste Comrades aantree.

Solly MalatsiFoto: Sarel van der Walt

Die wedloop word oor ’n afstand van 86,83 km na Pietermaritzburg toe gehardloop.

Malatsi het verlede jaar sy eerste Comrades in die teenoorgestelde rigting in ’n tyd van 11:26 voltooi.

“Dit my droom om twee opvolgende wedlope te voltooi.”

Malatsi, wat ook ’n parlementslid en die DA se woordvoerder oor die presidensie is, sê weens die verkiesing was dit nie altyd maklik om vir die Comrades voor te berei nie.

“Ek het oral oor die land, waar die verkiesing ons ook al geneem het, gehardloop. Dit was ’n uitdagende verkiesing, maar ek glo die 1 300 km wat ek afgelê het sal genoeg wees om in minder as 12 uur die eindstreep te haal.”

Malatsi sê hy hardloop hoofsaaklik soggens. “Hardloop is nie net terapeuties nie, die uur of wat wat ek op die pad is, gee my ook tyd om dinge te deurdink en te beplan vir die dag wat voorlê.

“Ek wil Sondag gedissiplineerd hardloop en hou by my wedloopstrategie,” het Malatsi gesê nadat hy uit ’n koue en nat Kaapstad in ’n warm en bedompige Durban aangekom het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.