Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Daar is geen plaasmoorde,’ sê Malema in Senekal
Julius Malema spreek die EFF-ondersteuners Vrydag in Senekal toe. Foto: Mlungisi Louw

“Daar is geen plaasmoorde nie, daar is geen wit boere wat vermoor word nie.”

Dit was die EFF-leier, Julius Malema, se afskopsinne in sy toespraak Vrydag laatmiddag aan die skare ondersteuners in Senekal. Die skare was uitgedun ná ses uur se gewag in die bloedige son dat hy met hulle kom praat.

Malema het sy stelling benadruk deur te sê die waarheid is eerder dat vroue en kinders in Suid-Afrika vermoor word.

“Moenie die ou, bevoorregte wit rassiste glo nie.”

Hy het gesê hy kon nie toelaat dat die “generaals” geweld veroorsaak in Senekal soos verlede week toe hulle amok in die landdroshof gemaak het nie.

“Ons teiken nie vredeliewende wit mense hier nie, ons soek die generaals wat swart mense wil skiet.”

Hy het gesê die boere-ondersteuners het nie Senekal toe gekom oor ’n moord nie, maar om die “neiging van grondeienaarskap” te laat voortduur.

“As jy vrede vir Suid-Afrika wil hê en lief is vir swart mense, kan ons saam woon. Jy kan nie rassisme haat en self ’n rassis wees nie. Wanneer daar ’n wit mens en ’n swart mens is wat ’n werk soek, sal die swart mens dit kry weens die geskiedenis van ons land.”

Moenie die ou, bevoorregte wit rassiste glo nie.

Volgens hom is dit die boere wat verlede Dinsdag die twee skote in die hof geskiet het, terwyl daar twee swart vroue in die hofgebou was wat kon sterf.

Hy het gevra waar die beeste is wat die boere moet gee as vredesoffer. “Dis die Afrikaan se manier (om beeste te gee), maar hulle sal nooit om verskoning vra nie.”

Geld is nou die nuwe metode om jammer te sê, en die wit mense moet miljoene gee, het hy gesê.

Hy het die EFF-ondersteuners gevra om uitnemendheid na te streef omdat elkeen die party verteenwoordig.

“Wanneer jy ’n vrou verkrag, word die hele EFF uitgemaak as verkragters.

“Vegters, dissipline is vir vegters. Ons sal altyd rondwandel, al gaan ons nou lekker rus. In die middel van Senekal is ’n rooi vlag. Dit is hoekom ons gekom het, om dit vir hulle te leer. Want as ons hierdie konfrontasie toegelaat het, sou dit oor die hele land heen versprei het. Baie mense is bang en bedreig.

“Hoekom sal ek oor my veiligheid bekommerd wees as my mense in onveilige omstandighede leef?”

Hierop het die skare gejuig.

Hy het gesê die ondersteuners wat opgedaag het, was bereid om te sterf vir hul land.

“Hulle het gesê ons gaan vandag kop-aan-kop met die wit rassiste, en ons is bereid om te sterf.

“Julle is self hier vir die lafaards. Sê vir hulle, solank jy swart is, gaan daar ’n haat teenoor jou wees en ek gaan jou beskerm.

“Ek is hier om jou waardigheid te verdedig.”

Meer oor:  Julius Malema  |  Senekal  |  Brendin Horner  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.