Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dag 48: Polisie volg steeds leidrade oor Recolin op
Recolin Witbooi.

Al is Recolin Witbooi (9) van Barcelona in Port Elizabeth al 48 dae weg, sê die polisie hulle volg steeds alle moontlike leidrade op wat kan help om hom op te spoor.

Recolin se ma, Chriszelda, is raadop en moedeloos. Die hoop dat sy Recolin weer sal sien, het gekwyn. Sy familie moes onlangs sy negende verjaardag sonder hom vier.

Recolin het op 6 Julie in die omgewing van sy ouerhuis in Barcelona vermis geraak.

Recolin en twee maats het op die dag van sy verdwyning by ’n dam in Grootkloof, soos die gemeenskap daarna verwys, gaan visvang.

Die maats het eers beweer hulle het Recolin daar gelos toe hulle huis toe is. Hulle het egter agterna beweer ’n man het Recolin gegryp.

Sedert Recolin se verdwyning het sy ouers, die polisie en bekommerde lede van die gemeenskap talle soektogte gelas, maar dit het tot dusver niks opgelewer nie.

Hierna het Leon Nel, ’n private forensiese speurder van Cold Cases SA, op sy eie onkoste gehelp om na Recolin te soek. Hy moes egter sy soektog weens ander werkverpligtinge staak.

Nel se ondersoek het getoon dat Recolin moontlik ontvoer is en dat sy verdwyning verband hou met ’n netwerk van misdadigers wat kinders vir die seksbedryf werf of ontvoer.

Nel het vasgestel dat Recolin op 26 Julie moontlik saam met ’n ouer persoon by die KFC in Albanyweg, Port Elizabeth, gesien is, maar Chriszelda het die beeldmateriaal nagegaan en het nie vir Recolin daarop gesien nie.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê alle leidrade word gevolg, en die polisie se ondersoek duur voort.

Meer oor:  Recolin Witbooi  |  Port Elizabeth  |  Vermiste Kind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.