Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dalton van aanranding, rassisme beskuldig

Die veiligheidswag wat die afgelope week die oud-Springbokhaker James Dalton van aanranding en rassisme beskuldig het, sê hy het ná die voorval vir Dalton gesê hy is veronderstel om ’n rolmodel te wees.

Dalton besig om met Mntunani te praat.
Dalton raak dan woedend en slaan Mntunani met die kop.

Simphiwe Mntunani, ’n veiligheidswag by die Harbour View-gebou in Woodstock, Kaapstad, het die afgelope week ’n klag van aanranding teen die 47-jarige Dalton ingedien oor ’n voorval op Maandag 23 Maart.

In ’n video van die voorval, wat intussen op sosiale media versprei is, kan gesien word hoe Dalton met Mntunani stry in die voorportaal van die gebou waar Dalton glo woon.

Hy staan dan nader en stamp vir Mntunani met die kop.

Volgens Mntunani het die voorval in die vroeë oggendure gebeur.

“Hy was dronk,” sê Mntunani van Dalton. “Hy is altyd dronk.”

“Ek was besig om video’s op my foon te kyk toe hy inloop, waarna hy vir my gevra het of ek op die WiFi is . . .

“Toe vra hy hoekom ek na video’s kyk en nie liewers buite na die karre gaan kyk nie.”

Mntunani sê toe hy vir Dalton verduidelik dis nie sy werk om na karre te kyk nie, het Dalton hom vererg.

Faranaaz Gaffoor, die EFF-raadslid wat Mntunani bystaan, beweer Dalton het Mntunani ’n “f****n swart aap” genoem.

Mntunani sê hy het toe vir Dalton gevra hoekom reël hy nie dan wit veiligheidswagte nie?

Gevra oor of hy enige beserings het, het Mntunani gesê dat hy “fisiek 100%” is.

Dalton het nie op Rapport se navrae reageer nie, maar het vroeër die week vir Netwerk24 gesê die saak teen hom is nie geloofwaardig nie.

“Nee, nee, nee,” het Dalton Dinsdag gesê.

“Daar’s nog nie ’n bona fide-saak van enigiets nie. Ons is besig daarmee en ek sal mettertyd ’n verklaring uitreik.”

Dalton, wat tussen 1994 en 2002 in 43 toetse vir die Springbokke gespeel het, het ’n geskiedenis as ’n moeilikheidmaker en het sy vuiste al in verskeie voorvalle in die openbaar laat klap.

Gaffoor sê benewens die aanrandingsklagte het sy ook die Menseregtekommissie gevra om die beweerde rassisme te ondersoek.

Die polisie het bevestig dat hulle ’n saak van aanranding ondersoek, maar dat niemand nog in hegtenis geneem is nie.

Meer oor:  James Dalton  |  Woodstock  |  Aanranding  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.