Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dan Kgwadi in hospitaal ná hartaanval

Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), is Woensdagaand weens ’n hartaanval in die Netcare Unitas-hospitaal in Centurion se waakeenheid opgeneem.

Kgwadi het Donderdag ’n foto van homself in sy hospitaalbed op sy Facebook-blad geplaas.

In die inskrywing skryf Kgwadi dat hy net betyds ’n noodprosedure ondergaan het waarin twee van sy hoofare wat verstop was, oopgemaak moes word. 

Kwgadi sê hy het pas klaargemaak met ’n lesing oor die NWU se taaldebat en hy was op pad na Kaapstad vir ’n alumni-geleentheid toe hy die hartaanval gekry het.

“Dankie aan God vir wysheid en tegnologie. ’n Veelrassige en veeltalige span wat met ’n gemeenskaplike doel gewerk het om my lewe te red, verdien ’n kompliment. Suid-Afrika is geseënd met vaardighede.”

Volgens ’n boodskap wat die NWU-raadsvoorsitter, dr. Bismark Tyobeka, Vrydagoggend aan die NWU se personeellede gestuur het, sterk Kgwadi goed aan en sal hy na verwagting teen die einde van die naweek uit die hospitaal ontslaan word.

Prof. Fika Janse van Rensburg neem as visekanselier waar totdat Kgwadi sy pligte kan hervat.

Meer oor:  Hartaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.