Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dana: Dis of almal ‘sagter’ is ná Anette se dood
Anette Roberts, die verloofde van Dana Snyman, wat haar eie lewe geneem het. Foto: Facebook

Ná sy verloofde se selfdood Woensdag is dit asof almal “ ’n bietjie sagter met mekaar is” en “ ’n bietjie fyner na mekaar wil luister”, sê die skrywer en joernalis Dana Snyman.

In ’n Facebook-boodskap Sondag bedank hy almal vir hul ondersteuning sedert sy verloofde, Anette Roberts (51), haarself Woensdag op sy 55ste verjaardag vergas het.

Hulle sou op 9 Desember getrou het.

“Dankie, dankie, dankie,” skryf Snyman op Facebook.

Dana Snyman in sy huis in Jacobsbaai in ? onderhoud oor In die blou kamp, sy jongste boek. Foto: Deon Raath

“Dis oor Anette, dis oor haar dat soveel mense op die oomblik vir my so goed is. My liewe Anette, wat so goed was vir my, en wat so graag die wêreld ’n mooier en beter plek wou maak, verenig soveel van ons in ons verbystering oor hoe broos ’n mens kan wees.

“Dis of ons ’n bietjie sagter met mekaar is, nou, in hierdie tyd. Dis asof ons ’n bietjie fyner na mekaar wil luister. Oor Anette . . . waar begin ek om almal te bedank vir die goedheid en besorgdheid waarmee ek deur almal oorlaai word? My selfoon se geheue is lankal vol. Al die boodskappe hier op Facebook. Die e-posse. Die aanbiedinge om selfs vir my ’n bus of vliegkaartjie te koop . . . Die opregte gebede . . . Dankie, dankie, dankie. Ek sal julle elkeen nog persoonlik probeer bedank . . .

Snyman het in ’n onderhoud met Rapport gesê Roberts het op die dag van haar dood nog gesê sy is lief vir hom. Sy het haarself later by haar huis in Bloemfontein vergas.

Volgens Snyman besef hy nou dat daar wel gevaartekens was wat hy moes raakgesien het. Roberts het byvoorbeeld onlangs uit die bloute vir hom gesê sy wil veras word.

Sy het ook onlangs, toe hulle gaan stap het, “skielik somber” geword.

Lumien Orton, Roberts se dogter, het vroeër vandeesweek gesê haar ma het nie aan depressie gely nie en dat sy (Orton) voor haar selfdood nie vermoed het dat iets skort is nie. Roberts was opgewonde oor haar troue met Snyman, het haar dogter vertel.

Roberts se roudiens is Maandag in Bloemfontein.

Meer oor:  Anette Roberts  |  Dana Snyman  |  Vergas  |  Selfdood  |  Depressie  |  Ondersteuning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.