Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Dankie julle, Leo gaan nou saam!’

Toe sy ma hom bel met die nuus dat genoeg donasies ontvang is dat sy jackrussell-kruising, Leo, kan saamgaan Nieu-Seeland toe, het hy sy beste vriend in die lug opgetel en begin dans.

Die jackrussell-kruising Leo en Ethan Martins (14) by sy ouers, Adriaan en Carrie-Anne Martins, en Ethan se sussie, Riley (9). Foto: Elizabeth Sejake

Só vertel ’n oorstelpte Ethan Martins (14) nadat Rapport-lesers binne twee dae genoeg geld ingesamel het om sy hondjie saam te stuur wanneer hy en sy gesin later vanjaar emigreer.

Rapport het verlede Sondag oor Ethan se hartseer berig. “Ek kan nie my beste vriend los nie,” hy het gesê. Dit gaan R40 000 kos en Ethan het wasgoedpennetjies verkoop in ’n desperate poging om die geld bymekaar te maak.

“Dis wonderlik. Ek wens Leo kon net so bly wees soos ek,” het Ethan die afgelope week gesê. Hy het gehoop en gedink Leo sal danksy die berig kan saamgaan Nieu-Seeland toe, maar hy het nooit verwag dit sou so vinnig gebeur nie.

Teen Sondagaand vroeg het tientalle lesers van Rapport al e-posse vir die koerant gestuur om te sê hulle wil help.

R40 000 ingesamel vir sy beste vriend.

Marius Oelschig het uit Melbourne, Australië, laat weet hy is twee jaar gelede uit Suid-Afrika weg en sy honde is saam. “Ek wil hê Ethan se hond moet saam met hulle gaan. Ek is bereid om te help,” het hy geskryf.

Kobie Colditz het uit Bloemfontein geskryf: “Ek weet ek sou nooit my twee brakkies kon laat agterbly nie.”

Ethan se ma, Carrie-Anne, sê baie mense het anoniem donasies gemaak. Sy pa, Adriaan, sê Ethan het op die koop toe sommer oornag sterstatus by sy skool behaal. Ethan glimlag. “By die skool vra kinders of ek Ethan Martins met die hond is,” sê hy.

Adriaan sê hulle het nooit probeer bekend raak nie. “Ons is gewoonlik mense wat meer op ons eie is, maar alles het so vinnig gebeur en toe is daar skielik soveel boodskappe!”

Carrie-Ann het intussen ’n Facebook-blad, “Ethan & Leo”, vir haar seun en sy brakkie begin. Daarop verskyn Ethan, sy sussie, Riley, en Leo in ’n video waarin Ethan al die skenkers bedank: “Hallo almal, ek wil net dankie sê dat julle my gehelp het om hierdie klein outjie saam te vat. Dis rêrig ongelooflik hoe mense hul harte so kan oopmaak. En ek is baie dankbaar vir elkeen wat bietjie ingesamel het vir my, maak nie saak of dit ’n rand of ’n duisend was nie, baie dankie julle.”

Meer oor:  Hond  |  Leo  |  Emigrasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.