Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Danny Titus ‘moet nou op eie wakker word’
Danny Titus Foto: Argief

“My pa moet nou op sy eie tyd wakker word. Wanneer dit sal wees, weet ons nie,” het Dalene Titus, dogter van die bekende dr. Danny Titus (63), Sondagmiddag oor haar pa se toestand gesê.

Titus was Sondag steeds in ’n koma in ’n Gautengse hospitaal ná komplikasies met ’n oogoperasie. Sy hart het gaan staan terwyl hy in die herstelkamer was.

Hy is sedert Dinsdag in die waakeenheid en Dalene sê hy is nog nie wakker nie en toon nie baie reaksie nie.

Titus is nie onder verdowing nie en volgens haar wag hulle dat hy op sy eie moet wakker word. Wanneer dit gebeur, sal die Titus-familie die volgende stap doen.

Titus se gesin mag hom weens die Covid-19-inperking nie in die hospitaal besoek nie en volgens sy dogter kry sy inligting oor sy toestand by die dokters wat hom behandel.

Hy het twee dogters, Dalene en Neriska.

Titus, onafhanklike politieke ontleder, regskenner, bekend om sy werk as kultuuraktivis en tot onlangs toe die uitvoerende direkteur van korporatiewe aangeleenthede by die ATKV, is Dinsdag aan albei sy oë geopereer om ’n katarak en bloeding te verwyder.

Sy hart het ná die operasie gaan staan en sy toestand het vinnig verswak.

Dalene het op sosiale media gesê daar is sowat ’n halfuur gesukkel om hom by te bring. Sy hart het telkemale gaan staan en hy is sedertdien in ’n koma. Hulle het ’n breinskandering gedoen en dit toon hy het in die proses breinskade opgedoen waarvan die omvang eers bepaal sal kan word wanneer hy uit die koma kom.

Titus woon in Roodepoort.

Hy is tans die voorsitter van die DAK Netwerk, ’n organisasie wat hom beywer vir die ontwikkeling van en navorsing oor voorheen benadeelde Afrikaanse gemeenskappe.

Titus het ook poste by die Verenigde Nasies en die Menseregtekommissie beklee.

Sy vrou, Lynda (57), is sewe jaar gelede ná ’n lang stryd teen kanker dood.

Meer oor:  Danny Titus  |  Gauteng  |  Koma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.