Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
David Beckham inspireer reuse-tatoe op vrou se rug

“Dit was ’n pynlike plesier,” sê ’n vrou van Kuilsrivier, Kaapstad, wat onlangs R4 400 vir ’n reuse-tatoe op haar rug betaal het.

Kelly Steer en tatoekunstenaar, Jody Mitchell, eienaar van Kings and Queens Ink Lounge in Van Riebeeckstraat, Kuilsriver. Foto: Verskaf

Kelly Steer (29) het ’n tatoeëermerk gekry met die Engelse sokkerster David Beckham se van en truinommer groot agterop haar rug – en sy is nie ’n oomblik spyt daaroor nie.

Steer beskryf haarself as ’n lewenslange bewonderaar van die voormalige professionele sokkerspeler wat vir verskeie spanne in Engeland, Spanje en Frankryk gespeel het.

Sy is só versot op hom dat sy ’n tatoe gekry het wat lyk soos sy sokkertrui, maar in plaas van op materiaal is die groot nommer op haar vel verewig.

“Vandat ek ’n jong meisie was, het ek allerhande memorabilia (oor Beckham) bymekaargemaak, onder meer plakkate en foto’s,” sê sy.

“Maar oor die jare het die goed weggeraak of my ma het dit weggegooi. Toe besluit ek, ek wil iets meer permanents hê.”

Steer het verlede jaar in China gaan werk waar sy geld vir die tatoeëermerk gespaar het. Toe sy terug in Suid-Afrika is, het sy dit met die tatoeëerkunstenaar bespreek en hy het vir haar ’n skets gemaak.

“Dit het sewe ure geneem om te voltooi, en ek moes twee keer teruggaan. Die eerste keer het hy net die naam en die nommer se buitelyne getatoeëer, en die volgende dag het hy die ‘7’ ingekleur.”

Steer sê dit was nie eintlik seer nie, meer soos ’n “pynlike plesier”. Die enigste plek wat gevoelig was, was langs haar ruggraat af.

Steer kyk na ’n plakkaat van David Beckham in haar kamer. Foto: Verskaf
Kelly Steer (29) se tatoeëermerk van David Beckham se naam en truinommer. Foto: Instagram

Steer se beste vriendin, Natasha Arendse (28) van Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte, sê sy is self versot op Beckham, maar sy sal nie só ver gaan nie.

“Kelly is een van daardie vriendinne wat ’n mens altyd aanmoedig om nuwe dinge te probeer. Sy het ’n baie sprankelende persoonlikheid en dit is aansteeklik.”

Arendse het ’n foto van Steer se rug met die tatoeëermerk op Instagram geplaas, en sy sê dit was ’n kwessie van minute toe Beckham se amptelike profiel, en ook sy oudste seun, Brooklyn Beckham, die foto “like”.

Arendse en Steer was albei uit hul velle toe dit gebeur en sê hulle het nooit gedink dit sou waar word nie.

Meer oor:  David Beckham  |  Kaapstad  |  Kuilsrivier  |  Tatoe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.