Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
David Goldblatt sterf

Die gevierde Suid-Afrikaanse fotograaf David Goldblatt (87) is in die vroeë oggendure van Maandag 25 Junie dood. 

Goldblatt is veral bekend om sy uitbeelding van Suid-Afrika in die apartheidsjare. Hy word as een van die groot fotograwe van die 20ste eeu beskou en is wêreldwyd bekend vir sy lewenslange presiese aantekening van die geweld en verdrukking in Suid-Afrika onder apartheid. Hy het dekades lank sy vaderland deurkruis om die maatskaplike verwikkeldhede aan te teken. Elk van sy projekte getuig van navorsing en fokus.

Lees ook die onderhoud wat Murray La Vita met Goldblatt gevoer het: Kleur is vir hom te soet.

Goldblatt het as tiener al begin foto’s neem. Van sy heel eerste werk was van vissers, asook dok- en mynwerkers. Hy het steeds met ’n mediumformaatkamera gewerk wat hy op ’n driepoot staangemaak het.

In 2006 is die Hasselbladprys en drie jaar later die Henri Cartier-Bresson-prys aan hom oorhandig – die grootste eerbetoon vir fotokuns ter wêreld.

In 2016 het sy alma mater, die Universiteit van die Witwatersrand, hom met ’n eredoktorsgraad vereer. Goldblatt was ook die eerste Suid-Afrikaner om ’n solotentoonstelling in die Museum of Modern Art in New York te hou.

’n Oorsigtentoonstelling van sy werk wat oor vyf dekades van fotokuns strek, is tot verlede maand nog in die Centre Pompidou in Parys, Frankryk, gehou. Dit is die eerste uitstalling van dié omvang in Frankryk van die vermaarde fotograaf wat in November vanjaar 88  sou word.

Soos sy ontslape vriendin, die skrywer Nadine Gordimer, al oor sy werk aangehaal is: “David Goldblatt kiek nie die wêreld met sy kamera nie. Hy wil homself verlos van die vooroordele oor dit wat hy sien, voordat hy dit verder ondersoek met sy gunstelinginstrument, die foto.”

Goldblatt word Dinsdag volgens die Joodse tradisie in die Wespark-begraafplaas te ruste gelê.

Meer oor:  David Goldblatt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.