Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
DBSA kap terug oor Prasa-berig

Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (DBSA) ontken ten sterkste hy het enige ooreenkoms met die Passasierspooragentskap (Prasa) om vir dié instelling infrastruktuurprojekte voor te stel en te bedryf.

Die DBSA sê geen geskrewe konsepvorm hieroor is boonop eens bespreek nie.

Dit volg nadat die Daily Maverick Maandag berig het dat dr. Nkosinathi Sishi, Prasa se waarnemende hoof, glo op die punt is om ’n ooreenkoms met die DBSA te onderteken, wat nie net alle wetgewing oor dié diens (Prasa) verontagsaam nie, maar Prasa ook blootstel aan ongemagtigde en onreëlmatige besteding.

Die Daily Maverick het berig Sishi het “eensydig en in die geheim” met die DBSA onderhandel wat dit vir dié bank moontlik sal maak om R400 miljoen te verdien om infrastruktuurprojekte vir Prasa voor te stel en te bedryf.

Die bank sê hy en Prasa het vergader, maar dit benadruk dat daar gaan ooreenkomste is nie.

Die DBSA het Dinsdagmiddag in ’n verklaring gesê hy het met “kommer kennis geneem” van die beweringe wat in die berig gemaak word. Hy verwerp die beweringe.

Die bank sê hy en Prasa het vergader, maar dit benadruk dat daar gaan ooreenkomste is nie.

Prasa, sowel as die DBSA, is entiteite van die staat wat onderhewig is aan die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.

Staatsentiteite soos dié is geregtig om diensleweringsooreenkomste met mekaar aan te gaan om projekte in werking te stel.

Die DBSA sê sy bevoegdheid as implementeringsagent word in die berig bevraagteken. “Die DBSA is ’n finansiële instelling vir ontwikkeling en ’n orgaan van die staat wat oor die hele infrastruktuur-waardeketting bedrywig is.

“Die DBSA het ’n sterk finansiële grondslag en ’n uitstekende naam danksy ’n onberispelike rekord van bestuurskontrole en -oorsig.

“Daar is geen plek vir korrupsie (in die bank) nie en om enigiets anders aan die hand te doen sonder behoorlike bewyse is onverantwoordelik,” sê die DBSA in sy verklaring.

Prasa het vroeër gesê hy wil nie enige kommentaar oor die berig lewer nie.

Meer oor:  Prasa  |  Dbsa  |  Dr. Nkosinathi Sishi  |  Onreëlmatige Besteding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.