Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
DBV in Uitenhage kan nie diere skut

Die DBV in Uitenhage kan geen dienste lewer nie omdat die DBV nie as diensverskaffer deur die metro erken word nie.

Daar is ook geen kontrak tussen die DBV en die Nelson Mandelabaai-metropool nie.

“Dit beteken die metroskut is nie tans in bedryf is nie. Dit is die departement van openbare gesondheid in die metro se mandaat om ’n operasionele skut te hê.

“Die optel van loslopende diere, siek diere, aggressiewe diere wat ’n risiko vir gemeenskapslede is, is alles die verantwoordelikheid van die metro, nie die DBV nie,” lui die DBV se inskrywing op hul Facebook-blad.

Die kontrak tussen die DBV en metro het reeds einde Junie verstryk. Die DBV het intussen op eie koste steeds dienste gelewer.

Verskeie beloftes van die metro en selfs van Mongameli Bobani, burgemeester, om die DBV vir hul dienste te vergoed, is oplaas gestand gedoen toe die DBV op 20 Desember vir enkele maande se werk betaal is.

Dít terwyl die DBV finansieel in die rooi is en skaars sy personeel kon betaal.

“Ons het sedert September 2018 ons bes probeer om te help, maar ons is aangesê daar sal geen finansiële vergoeding wees nie en ons kan nie langer die metro se werk vir hulle doen nie.”

Die DBV sê hulle het tot dusver ongeveer R200 000 se onkoste aangegaan.

“Lede van die publiek moet die metro kontak in verband met bogenoemde (dienste) en as hulle na die DBV verwys word, moet hulle die metro meedeel dat hulle moet optree. Dit is nie die skuld van die DBV dat daar geen operasionele skut in die metro is nie.”

Tog gaan ons voort met die werk. Ons personeel en inspekteurs werk elke dag en hulle is heeltyd op bystand

Hannes Stander, ’n bestuurder van die Animal Welfare Society (AWS) in die stad, sê hulle voel toenemend die druk.

“Die publiek bel die metro, maar die metro verwys almal na ons toe en deel ons nommer uit.”

Stander sê die AWS se mandaat is nie om regulasies toe te pas nie, dié verantwoordelikheid rus by die metro.

Die AWS kan net optree in gevolge die wet op dieremishandeling sê Stander.

“Ons het natuurlik nog geen hond weggewys nie, maar ons voel die druk sonder die dienste van die DBV.

“Finansieel raak die druk ook net meer.”

Hy sê met hul hokke en die hospitaal reeds stampvol, word hulle nou gedwing om moeilike besluite te neem.

“Desember is gewoonlik ’n rowwe tydperk vir ons, maar vanjaar is dit bietjie kwaai en Nuwejaar lê nog voor.

“Tog gaan ons voort met die werk. Ons personeel en inspekteurs werk elke dag en hulle is heeltyd op bystand,” sê Stander.

Mthubanzi Mniki, munisipale woordvoerder, het Sondag by navraaggesê hy sukkel om ’n afgevaardigde vir kommentaar in die hande te kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.