Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
DBV ontruim diere uit Knysna

Die Tuinroete Dierebeskermingsvereniging in George was Donderdag steeds besig om nog diere te ontruim uit Knysna waar verwoestende brande sedert Woensdag woed.

“Nog voertuie is weg om diere te gaan haal,” sê Dawn Meyer, ’n werknemer van die DBV.

“Dit gaan dol want van oral ontvang ons berigte van mense met diere in nood. Sommige mense loop blykbaar met hul diere in die hande met net ’n rugsak op die rug.”

Luidens die DBV se Facebookblad het die DBV Woensdagaand reeds 60 diere by die Knysna-dierewelsynsorganisasie ontruim. Nie net troeteldiere word geraak nie, maar ook plaas- en wilde diere.

Personeel van die DBV in Mosselbaai het ook kom help om verwilderde diere in strate te vang. Die publiek help ook om diere aan te ry.

Komberse en kos word benodig vir al die diere. “Die komberse bly nat in die reënweer. Dit is ook bitterlik koud vir diere,” sê sy.

Die Nasionale DBV het Donderdag in ’n verklaring gesê van sy personeel in Alberton is ook op pad na Knysna om hulp te verleen.

Mense wat kan help kan die DBV in George by 044 878 1990/3 bel.

*’n Facebookblad, www.facebook.com/LostAnimalsinKnysnaFires/ is geskep om mense wie se diere in die brande vermis geraak het op te spoor. Mense kan foto’s van die diere en kontakbesonderhede op die Facebookblad plaas.

Meer oor:  Ontruim  |  Dbv  |  Diere  |  Knysna  |  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.