Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
De Beers wil diamante myn in Groot-Marico

Die gebied aan die Groot-Maricorivier waar De Beers diamante wil soek, is in die kern van die “uiters sensitiewe” opvangsgebied van die rivier.

Dié deel van die rivier is deur die departement van water en sanitasie tot ’n varswater-prioriteitsgebied verklaar.

Dit is een van die min ongerepte dele in die land, sê die omgewingsorganisasie Mmutla wa Noko, wat vyf jaar gelede begin is om die Maricorivier te bewaar.

Die Groot-Maricorivier verskaf water aan Groot Marico en sy aangrensende dorpie, Reboile, asook aan Gaborone, hoofstad van Botswana.

De Beers het inwoners van Groot-Marico, Koster en Swartruggens in Noordwes begin Desember in kennis gestel dat hy op meer as 73 plase en dele daarvan diamante wil soek.

Luidens sy agtergronddokument is hy in die proses om omgewingsgoedkeuring te kry vir ’n prospekteerreg.

Louise Schmidt, inwoner, het intussen met ’n petisieveldtog, Save the Groot Marico River, begin om mense bewus te maak van die bedreiging wat myn-

bou daar inhou.

Nog minstens vier myngroepe wil glo allerlei minerale in die gebied myn, sê sy.

Een van die gebiede wat De Beers teiken, is deel van die plaas Vergenoeg, sê sy.

Bewaringsbewustes doen tans aansoek by die Verenigde Nasies (VN) se organisasie vir onderwys, wetenskap en kultuur (Unesco) om Vergenoeg tot ’n biosfeer te verklaar en só beskerming daarvoor te kry.

Volgens Schmidt besoek baie toeriste die Groot-Maricorivier en sy oog, asook die plaas Wonderfontein.

Dié bedryf skep baie werk vir die mense van Groot-Marico en Reboile.

“Mynbou en toerisme is in konflik met mekaar.”

Weens die erge watertekort mag nie ’n enkele druppel water vernietig of besoedel word nie. Mynbou gaan hierdie waterbron vernietig, sê sy.

Antoinette Pietersen, konsultant van Golder Associates wat namens De Beers optree, het nie Woensdag op navrae gereageer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.