Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dealesville-ma ‘in pyn, maar loop’ ná brand
Die Van Zyl-gesin van die Dealesville-distrik. Van links is Suzaan, GJ (5) en Deon. Foto: Verskaf

’n Vrystaatse ma ervaar nog baie pyn, maar loop darem al nadat sy Vrydagmiddag tweedegraadse brandwonde opgedoen het toe sy en haar eggenoot vlamme in die Dealesville-distrik probeer blus het, sê Suzaan van Zyl (31) se man, Deon.

Van Zyl sterk in die chirurgiese saal van die Busamed-hospitaal in Bloemfontein aan nadat sy Vrydag omstreeks 14:00 gebrand het toe sy en Deon die vlamme op ’n buurplaas onder bedwang probeer bring het.

Dié ma van ’n vyfjarige seun het tweedegraadse brandwonde aan haar bene en een van haar arms opgedoen.

Suzaan van Zyl
Suzaan van Zyl (31) nadat sy tweedegraadse brandwonde opgedoen het. Foto: Verskaf

“Sy was agter op die bakkie toe die wind skielik gedraai en die vlamme haar oorval het. Sy het van die bakkie afgespring om te hardloop, want sy het geskrik. Sy het toe in daai warm as ook neergeslaan,” sê Deon.

Haar wonde is Saterdag in die teater skoongemaak en daar sal Dinsdag weer in die teater daarna gekyk word om infeksie te voorkom.

Sy vrou se gemoed is orraait.

“Met hierdie Covid-19 is dit maar sleg, jy kan nie jou mense sien nie.”

Deon het haar Sondag op ’n afstand gesien.

Deon sê die brand wat Vrydag in die Boshof- en Dealesville-omgewing gewoed het, het “bitter, bitter baie skade” aangerig, met diere soos skape en beeste wat gebrand het en weiding wat boere verloor het.

Volgens hom het daar tussen 8 000 ha en 9 000 ha afgebrand.

Johann Breytenbach van die Vrystaatse Brandbeskermingsvereniging (FSUFPA) sê die geskatte grootte van die brandskade is tussen 5 000 ha en 8 000 ha.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Dealesville  |  Plaas  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.