Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dealesville-moorde: Gedenkdiens vir egpaar gehou

’n Gedenkdiens vir die Deniacos-egpaar wat wreed in hul huis in Dealesville vermoor is, word Vrydag in Bloemfontein gehou.

’n Griekse én tradisionele gedenkdiens sal om 11:00 in die NG kerk Bainsvlei vir Monica (68), ’n DA-raadslid, en haar man, Basil Deniacos (79), gehou word.

Monica en Basil Deniacos.

Die egpaar se lyke is verlede Vrydagoggend vroeg deur hul twee werkers in hul huis gekry. Die Malawiese werkers is kort ná die moord in hegtenis geneem, maar ’n klag van moord teen hulle is weens gebrekkige getuienis laat vaar.

Familielede van Basil wat in Griekeland woon, sal die diens deur middel van ’n regstreekse uitsending volg, sê Christiaan Dorfling, Monica se seun.

Dorfling sê sy ma-hulle het ’n vol lewe gehad.

“Welgedaan, jul vingerafdrukke is oor die hele Vrystaat heen. Ek is so trots om jul seun te wees.”

Intussen is geen ander verdagtes nog in verband met die dubbele moord aangekeer nie, het ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke, bevestig. Die egpaar se gesteelde bakkie is ook nog nie teruggevind nie.

Die polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om die egpaar se Toyota-bakkie met registrasienommer DPL 194 FS te help opspoor.

Mense met inligting oor die bakkie kan kapt. Babane Skota by 079 509 4998 of ao. Dirk van Rhijn by 079 505 3244 bel. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

Die Deniacos-egpaar se bakkie word steeds vermis.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.