Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Deel van kleuter (4) se skedel verwyder ná leeuaanval

’n Kleuter (4) is in ’n kritieke toestand nadat sy Sondag deur ’n leeu op die Weltevrede-leeuplaas naby Heilbron in die Vrystaat aangeval is.

Prinses, die leeuwyfie wat Pieter de Beer en sy dogter (4) deur die draad aangeval het. Die meisie word in die waakeenheid van ’n hospitaal in Alberton vir ’n kopbesering behandel. Foto: Verskaf

Dit is die tweede soortgelyke aanval in minder as ’n week op dié plaas.

’n Familielid, wat anoniem wil bly, sê die meisie is in die waakeenheid van die Netcare Union-hospitaal in Alberton.

“ ’n Deel van haar skedel is Maandagoggend verwyder om die druk op haar brein te verlig.”

Sy sê die hele familie is getraumatiseerd ná die voorval.

Pieter de Beer, die meisie se pa, het haar Sondag vasgehou terwyl hulle in die leeuwelpies se kamp op die plaas gestap het om Titus, een van die welpies, te streel.

Sy was in haar pa se arms toe ’n leeuwyfie in ’n ander kamp hulle deur ’n draad gekrap en gebyt het.

De Beer, wat van Pretoria is, het glo net enkele skrape op sy skouer opgedoen.

Charlene van Wyk, die bestuurder van die leeuplaas, het die voorval bevestig.

Prinses, ’n tweejarige leeuwyfie, het hulle deur die draad aangeval. Sy word as ’n tiener-leeu beskou omdat ’n leeuwyfie eers op vierjarige ouderdom volwassenheid bereik.

“Ons gebede is by die meisie, ons weet sy is stabiel en ons hoop en glo saam sy sal beter word.”

Sy sê die leeuplaas se voorsorgmaatreëls was in plek.

Die gids het nog voor die tyd gesê hy dink nie kinders moet die kamp binnegaan nie, maar hulle is in.

“Dit was ’n fratsongeluk op ’n begeleide toer. Die gids het gesê hulle moet net wegstaan van die draad af, die leeu staan agter hulle en tien sekondes daarna toe trek die leeu die pa en die kind nader.”

Die reëls is duidelik aan die besoekers uiteengesit voordat hulle die leeus besoek het, sê sy.

“Die gids het nog voor die tyd gesê hy dink nie kinders moet die kamp binnegaan nie, maar hulle is in.”

’n Man is ook verlede Woensdag deur ’n leeu op die plaas aangeval, maar hy het volgens Van Wyk net geringe skrape opgedoen.

“Hy het Woensdag ingekom, deur die hekke in Titus se kamp ingestap, gehurk om ’n foto te neem en toe krap een van die leeus hom deur die heining.”

Hy was glo nie op een van die begeleide toere nie en het die kamp sonder toestemming betree.

Daar is vroeër berig dat twee susters van drie en vyf jaar oud op 5 Januarie 2010 op dié plaas deur leeuwyfies aangeval is.

“Dit bly wilde diere. Die gidse het voor die tyd voorgestel dat jong kinders uit die kampe bly.”

Meer oor:  Heilbron  |  Leeuaanval  |  Leeu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.