Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Deel van R102 naby Klein-Brakrivier oopgestel
Die deel van die R102 tussen Tergniet en Fraaiuitsig naby Klein-Brakrivier wat vir verkeer oopgestel is.

’n Deel van die R102 wat onder konstruksie was tussen Tergniet en Fraaiuitsig naby Klein-Brakrivier in die Suid-Kaap, is vir verkeer oopgestel.

Dit is deel van ’n projek deur die Wes-Kaapse departemente van vervoer en openbare werke om die R102 tussen Hartenbos en Groot-Brakrivier, sowel as die DR1578 tussen Tergniet en Wolwedans, op te knap.

Die projek behoort teen April 2020 voltooi te wees, sê die departement in ’n verklaring.

Motoriste word gewaarsku om by die spoedgrens te hou op die deel van die pad wat oopgestel is. Volgens die departement is dit nie ideaal om die pad in die winter vir verkeer oop te stel nie weens die risiko dat die nuwe padoppervlak beskadig kan word. Indien skade wel sou voorkom, sal stop-en-ry-beheerpunte weer ingestel moet word.

Die kruising by De Dekke in Groot-Brakrivier is in ’n verkeersirkel omskep en die verkeerseiland is onder konstruksie.

Die tweerigting-stop-en-ry-beheerpunt by Fraaiuitsig is in ’n drierigting-beheerpunt omskep en effens langer wagtye kan verwag word.

Die deel tussen De Dekke en Fraaiuitsig is steeds ’n konstruksieterrein.

Motoriste wat die R102 gebruik word gevra om versigtig te bestuur. Konstruksiewerk sal nog vir die volgende nege maande aan albei kante van die pad voorkom, insluitende die deel wat oopgestel is tussen Tergniet en Fraaiuitsig.

Meer oor:  Klein-Brakrivier  |  R102
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.