Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dele van Welkom al derde dag sonder krag
Eskom het Dinsdagaand een van die twee kraglyne herstel sodat dele van Welkom en twee myne weer krag kon hê. Foto: Eskom

Sommige inwoners van Welkom was teen Woensdag reeds ’n derde dag sonder krag.

Welkom se sakekern en verskeie woonbuurte is sonder krag gelaat nadat die wind Sondagaand twee 132 kVA-kragmaste, wat deur roes beskadig is, omgewaai het.

Eskom se instandhoudingspanne was Dinsdagmiddag nog besig om dit te herstel toe nog ’n mas, die keer op die Everest-Witpanlyn, omval. Hierdie kraglyn verskaf krag aan nog ander dele van Welkom en aan twee myne.

Stefanie Janse van Rensburg, ’n woordvoerder van Eskom, sê dit het omgeval omdat ’n ankerdraad gesteel is en dit die struktuur verswak het.

Eskom kon die mas vinnig regmaak en die kragtoevoer is Dinsdagaand herstel. Die myne se vraag na krag was egter te hoog en die kragtoevoer na dele van die stad moes weer afgesny word.

Eskom het Woensdagoggend die kragtoevoer na sekere dele herstel deur krag te herlei, maar gewaarsku dat die kragtoevoer onstabiel is en dat inwoners krag spaarsamig moet gebruik.

Die gebiede wat Sondagaand geraak is, was teen Woensdagmiddag steeds sonder krag. Benewens Welkom se sentrale sakekern is die nywerheidsgebied en die woonbuurte Doorn, Bronville en Mandelapark, asook uitbreidings 9, 15 en dele van uitbreiding 19 steeds sonder krag.

Eskom het bewerings van sabotasie en ’n dispuut met die twee myne ontken.

Meer oor:  Welkom  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.