Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Deon Maas en sy vrou verhuis na Berlyn
Veda en Deon Maas.Foto: Facebook

Die skrywer Deon Maas en sy vrou, Veda, verruil binnekort die Goudstad vir Berlyn.

Veda het ’n senior pos by die Europese aanlyn winkel Zalando aanvaar.

Deon is op die uitkyk vir ’n nuwe loopbaan.

“Dit voel asof ons albei ’n plafon bereik het hier in Suid-Afrika. Hierdie skuif sal vir ons albei nuwe deure oopmaak en dit is perfek, want as daar ooit ’n plek was waar ons weer sou wou vestig, is dit Berlyn,” sê hy.

Deon het al as ’n joernalis gewerk, by ’n platemaatskappy gewerk en sy eie mediamaatskappy besit.

Hy sê hy sal steeds in mediakringe beweeg.

“Daar is ooreenkomste tussen die Duitse en Suid-Afrikaanse regerings en ek sal kyk hoe ek my kennis in flieks, media en Afrika-popkultuur kan inspan om media te maak,” sê Deon.

Die egpaar is besig om hul huis in Johannesburg te verkoop en sal binne die volgende paar maande ’n nuwe huis in Berlyn soek.

Veda moet op 1 Maart by Zalando se kantoor in Berlyn aanmeld.

“Deon sal nog so ’n paar maande in Johannesburg bly om sake hier af te handel,” sê Veda.

“Die Europeërs weet dat Afrikane harde werkers is, want hulle het gewoonlik ’n plan C en D vir wanneer plan en A en B skeefloop. Ek wil vir hulle ’n ding of twee gaan wys.”

Deon sê dit is nou sý geleentheid om ’n Europese avontuur te beleef.

“Al my vriende het deur Europa getoer toe ek babadoeke omgeruil het. Niks hou my hier nie, my kinders is almal oud genoeg om in Berlyn te kom kuier,” sê hy.

Meer oor:  Trek  |  Berlyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.