Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Departement nie bewus van enige reddingsboei vir SAUK

Die departement van kommunikasie en digitale tegnologie is nie bewus van ’n nuwe reddingsboei vir die SAUK nie.

Mish Molakeng, woordvoerder van die departement kommunikasie en digitale tegnologie, het Vrydag aan Netwerk24 gesê daar is geen inligting aan die departement gegee rondom ’n reddingsboei vir die SAUK nie.

“Jammer, maar ons het geen inligting oor ’n moontlike reddingsboei van die regering af ontvang nie,” het Molakeng gesê.

By navraag aan die nasionale tesourie, asook die departement van openbare ondernemings, is Netwerk24 terugverwys na die departement van kommunikasie en digitale tegnologie.

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, sê Suid-Afrika kan in elk geval nie ’n reddingsboei bekostig nie. “Ons kan geen reddingsboei vir enige openbare onderneming gee nie. Ons kan nie eens iets so basies soos onderwysers se salarisse bekostig nie, so ons kan beslis nie ’n reddingsboei bekostig nie.”

Hy sê indien ’n reddingsboei vir die SAUK wel toegestaan word, sal dit Suid-Afrika in groter skuld dompel. “Ons ekonomie sal vinniger afgegradeer word en ons sal al die nagevolge dra wat daarmee gepaardgaan.”

Die SAUK het vandeesweek aangekondig dat hy 400 van sy 3 000 personeellede gaan aflê om koste te besnoei.

Die openbare uitsaaier het verlede jaar ’n reddingsboei van R3,2 miljard van die staat ontvang op voorwaarde dat hy besnoeiings doen.

Ons was hier op die skip lank voordat julle aangestel is. Ons het die skip aan die gang gehou. Ons het tydens die koronavirus gewerk en ons was in sale by mense wat die koronavirus opgedoen het.

Verwarring het egter Dinsdag ontstaan toe Phathiswa Magopeni, hoof van nuus en aktuele sake, op ’n vergadering met ontstoke nuuspersoneel glo onderneem het om die afleggingsbriewe terug te trek.

Beeldmateriaal van dié vergadering is intussen op sosiale media versprei, waarin die TV-joernalis Chriselda Lewis uitvaar en sê die raad moet sy “struktuur” vat en padgee.

“Ons was hier op die skip lank voordat julle aangestel is. Ons het die skip aan die gang gehou. Ons het tydens die koronavirus gewerk en ons was in sale by mense wat die koronavirus opgedoen het,” het Lewis gesê.

Ook by die radiostasie RSG word daar afleggings verwag.

Vroeër is berig al vyf van RSG se vaste omroepers het afleggingsbriewe ontvang.

Gerugte dat die radiostasie sy deure sal moet sluit, is egter gou deur Magdaleen Kruger, stasiebestuurder, ontken.

Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie en digitale tegnologie, het Woensdag in ’n sitting van die ooreenstemmende parlementêre portefeuljekomitee gesê die SAUK-raad is verdeeld oor die afleggingsproses.

Sy het vandeesweek op ’n dringende vergadering die raad versoek om eers alle ander opsies te oorweeg voordat hy poste verminder.

Die SAUK het toe Vrydag in ’n verklaring aangekondig dat die afleggingsproses tydelik gestaak sal word en dat die partye in die volgende sewe dae na “ander opsies” kyk.

Mmoni Seapolelo, waarnemende SAUK-woordvoerder, het aan Netwerk24 bevestig die SAUK-raad en die SAUK gaan die art. 189-afleggingsproses vir sewe dae staak.

Die Communication Workers Union (CWU) het egter hierdie verklaring verwerp.

“Ons het in die media bewus geword van die verklaring. Ons verwag dat die SAUK deur die relevante kanale met ons moes kommunikeer en daarom verwerp ons die verklaring,” het Aubrey Tshabalala, hoofsekretaris van die CWU, Vrydag gesê.

Hy sê lede van die CWU sal steeds met hul beplande stakings voortgaan.

Die CWU eis dat die SAUK die art. 189-aflegginsbriewe moet terugtrek en die afleggingsproses in sy geheel skrap.

Meer oor:  Sauk  |  Stella Ndabeni-Abrahams  |  Personeellede  |  Afleggings  |  Reddingsboei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.