Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Departement sê nuwe stelsel het net sekere eise vertraag

Die departement van arbeid het Dinsdag ontken dat die vergoedingskommissaris nie mediese diensverskaffers betaal nie en in ’n mediaverklaring gesê net sekere betalings is nie gedoen nie.

Dit kom nadat dokters, hospitale en maatskappye wat omskakelingsfinansiering doen, gesê het dat daar minstens 14 000 onverwerkte eise van R800 miljoen van mense is wat aan diens beseer is.

Omskakelingsmaatskappye dien namens mediese diensverskaffers eise in en betaal die diensverskaffers sodra die eis deur die kommissaris erken word.

Die vergoedingskommissaris sê egter die enigste eise wat nie betaal is nie, is die eise wat op 12 September op die ou stelsel gelê het.

Die vergoedingskommissaris sê ook gedurende die oorskakelingsproses het omskakelingsmaatskappye steeds eise ingedien, maar dié eise is eers vanaf 1 November verwerk toe die CompEasy-stelsel geloods is.

“In November is reeds R266 miljoen aan mediese diensverskaffers uitbetaal,” sê die department in reaksie op die klagtes deur mediese diensverskaffers.

Volgens die mediaverklaring het die fonds met modernisering begin juis om dienslewering te verbeter.

Die eCoid-projek is luidens die verklaring ontwikkel om ’n geïntegreerde aanlyn stelsel daar te stel.

Die stelsel, bekend as CompEasy, vervang die ouer uMehluko-stelsel wat baie agterstande veroorsaak het.

Tydens die oorskakelingsproses is die verwerking van eise op die ou stelsel gestop en eise is per hand verwerk.

Volgens die mediaverklaring kan gebruikers reeds sedert 14 Oktober registreer en die verwerking het al op 23 Oktober begin. Die vergoedingskommissaris kan dus nou eise verwerk en uitbetaal.

Meer oor:  Departement Van Arbeid  |  Eise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.