Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Derde tornado tref KZN

Rampbestuurspanne is in Utrecht, KwaZulu-Natal, ontplooi nadat nog ’n tornado chaos hier veroorsaak het.

Dit is die derde tornado wat die provinsie in twee weke tref.

Vroeër is eMpolweni in New Hanover en Bergville ook deur tornado’s getref.

Sipho Hlomuka, LUR vir die departement van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, het Saterdag in ’n verklaring bevestig dat ’n tornado Vrydag omstreeks 19:00 in die Utrecht-omgewing gewoed het.

Die tornado het groot dele van die Waterval- korrektiewe dienste beskadig, insluitend 20 huise wat deur werkers gebruik word.


Rampbestuurspanne is steeds besig om die omvang van die skade te bepaal, maar dit is net tot Waterval beperk.

Geen beserings is tot dusver aangemeld nie.

“Die voorval kom te midde van die rouproses waarin 23 lewens sedert Oktober deur weerverwante voorvalle geëis is. Dit sluit die tornado wat New Hanover laas week getref het in,” sê Hlomuka.

Stormagtige weersomstandighede sal na verwagting die naweek oor die provinsie woed met ’n waarskuwing wat deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens uitgereik is oor swaar donderstorms wat Saterdag in groot dele van die provinsie sal voorkom.

Dit sal met stormsterkwinde, hael en hewige reën in dele van die distrikte uThukela, uMzinyathi, uMgungundlovu, Amajuba, iLembe, King Cetshwayo Zululand en uMkhanyakude gepaardgaan. 


“Ons doen ’n beroep op inwoners om versigtig te wees, veral in laagliggende gebiede en wanneer hulle ’n brug oorsteek. Inwoners word ook aangemoedig om die weervooruitsigte dop te hou voordat hulle die lang pad aandurf aangesien swaar reën gevaarlik op die lang pad kan wees,” sê Hlomuka.

Die afgelope dekade het 16 ander tornado’s in die land voorgekom, sê Hannelee Doubell, ’n woordvoerder van die weerdiens.

Net vanjaar het ’n tornado in Mei erge skade in Bainsvlei in Bloemfontein aangerig, terwyl ’n kleinerige tornado in September in Sedgefield voorgekom het.

tornado
So lyk die skade nadat 'n derde tornado die provinsie getref het.


Meer oor:  Utrecht  |  Kwa-Zulu Natal  |  Tornado
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.