Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Devon Hofmeyr uit hospitaal ná bakleiery
Devon HofmeyrFoto: Facebook

Devon Hofmeyr is uit die hospitaal ontslaan en sterk goed aan nadat hy Maandag geopereer is, sê Armand Hofmeyr, Devon se halfbroer.

“Ek wil net hê hy moet ’n bietjie rus, dan gaan ek hom bel en hoor hoe hy voel,” sê Armand.

Devon is laas Donderdagaand net buite die Platteland-kuierplek in Centurion aangerand, nadat ’n onderonsie klaarblyklik in die kuierplek ontstaan het.

Claudio de Jonge, ’n bestuurder by die kuierplek, het vroeër gesê veiligheidswagte het Devon gevra om die klub te verlaat.

Christo de Villiers, ’n mededirekteur by Devon se veiligheidsonderneming Atlas7, het Vrydag gesê Devon was in daardie stadium met ’n gebreekte kakebeen en bloeding op die brein nog in die hoësorgeenheid van ’n hospitaal in Centurion.

Marcus Oosthuizen, ’n mede-eienaar van Platteland, het Maandag by navraag gesê dit is nie duidelik wat tot die voorval gelei het nie.

“Die ware rede sal net hulle (Devon en die slaner) weet. Ons kan nie bespiegel waaroor dit gegaan het nie,” sê Oosthuizen.

Hy sê die man wat Devon geslaan het, het net daarna “voete gemaak”.

Rudi, Oosthuizen se broer en mede-eienaar van Platteland, het Devon bygestaan toe hy sy bewussyn verloor en gesukkel het om asem te haal.

Ambulanse is na die toneel ontbied.

Devon was saam met ’n vriend by die kuierplek.

“Hulle het nie rondgeloop en skoor gesoek nie – hulle was net gesellig,” sê Oosthuizen.

“Ons hoop net hy (Devon) is oukei.”

Armand kon nie bevestig of ’n klag by die polisie aanhangig gemaak is nie.

Meer oor:  Devon Hofmeyr  |  Armand Hofmeyr  |  Steve Hofmeyr
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.