SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
Dhlamini word lid van AfriForum
Mpiyakhe Dhlamini
Mpiyakhe Dhlamini Foto: Facebook

’n Swart navorser verbonde aan die Vryemarkstigting het uiteenlopende reaksie ontlok nadat hy op Twitter aangekondig het dat hy hom as lid van AfriForum aangesluit het.

Mpiyakhe Dhlamini van Newcastle in KwaZulu-Natal, sê daar is in sekere geledere die persepsie dat dié burgerregteorganisasie slegs die belange van wit Afrikaanssprekende mense wil bevorder.

Ná sy twiet Donderdag het sommige gebruikers op sosiale media sy aankondiging verwelkom, terwyl ander wou weet hoekom hy as ’n swart persoon hom by AfriForum wou aansluit.

Dhlamini het Maandag aan Netwerk24 gesê die rede is eenvoudig – ongeag sy velkleur hou lidmaatskap van AfriForum vir hom en sy gesin praktiese voordele in.

Die organisasie gee mens die geleentheid om beheer van jou eie toekoms te neem.

Volgens hom vul AfriForum met sy verskeidenheid van dienste tot ’n mate die gaping wat die regering gelos het weens swak dienslewering.

“Daar is al drie keer by my gesin se huis ingebreek, maar die polisie daag eers baie laat op. AfriForum het ’n netwerk van buurtwagte en veiligheidsmaatskappye. Die organisasie gee mens die geleentheid om beheer van jou eie toekoms te neem,” sê Dhlamini.

Hy wys daarop dat AfriForum in die verlede ook swart mense met hofsake en ander kwessies gehelp het.

“AfriForum beywer hom vir Afrikaanse mense se minderheidsregte, maar dit is duidelik dat die organisasie mense met ’n ander velkleur ook help. As ek nie gelukkig is met iets wat Ernst Roets (AfriForum se adjunk- uitvoerende hoof) sê nie, kan ek altyd my lidmaatskap kanselleer.”

Dhlamini is ’n aanhanger van anargisme, die idee dat die samelewing beter sonder ’n regering sal funksioneer.

Volgens hom het sy ideologie raakpunte met dié van AfriForum.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê sy organisasie hou geen rekord van die velkleur van sy lede nie en daarom weet hy nie hoeveel swart lede hy het nie.

“Ek skat daar moet heelwat wees. Almal wat die werk wat ons doen ondersteun, is welkom om hulle by ons aan te sluit.

“Aan die een kant beywer ons ons vir Afrikaanse kwessies, waaroor ons nie skaam is nie.

“Die tweede been het te make met geregtigheid in die algemeen, wat veel wyer span. Dan het ons ook te make met kwessies wat almal raak, onder meer die agteruitgang van die strafregstelsel,” sê Kriel.

“Ons wil ’n positiewe rol speel om ’n beter samelewing te bou wat op wedersydse erkenning en respek gegrond is.”

Meer oor:  Afriforum  |  Mpiyakhe Dhlamini  |  Lidmaatskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.