Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Dié Afrikaanse woorde laat my gril’ – Karen Zoid
André Kearns van Sanlam, Karen Zoid en dr. Willem Botha, hoof van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Foto: Nadine Theron

Vermy eerder die woorde “agurkie”, “repie” en “vraatjie” as jy met Karen Zoid gesels.

“Afrikaans is ’n pragtige taal,” sê die musikant en televisie-aanbieder. “Maar daar’s ’n paar woorde wat ek wens ek kon verander. As ek die woorde ‘repie vleis’ hoor, gril ek my dood.”

Dié beskermvrou van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Borg ’n Woord-projek in 2017 het Vrydag die jaarlikse prystrekking vir R25 000 in Seepunt, Kaapstad, gedoen. Sy is self die trotse borg van die woord “republiek”.

Zoid het Gideon du Plessis van Potchefstroom se naam getrek. Du Plessis het die prys gewen met die woord “alles” wat hy vir sy vrou, Cecilia, geborg het. “Alles vir Cecilia,” het hy geskryf nadat hy die woord teen R5 000 geborg het.

“Dis stunning,” het Zoid gesê toe sy Du Plessis se woorde lees.

Die WAT is vir 70% van sy jaarlikse begroting van R6 miljoen afhanklik van skenkings en Borg ’n Woord is ’n belangrike komponent van sy jaarlikse fondsinsameling.

Ankerskenkers, soos Sanlam, wat die prystrekking borg, help verseker dat die WAT ’n dinamiese en produktiewe maatskappy bly. Die WAT is die grootste projek nog in belang van Afrikaans.

Die volgende prystrekking is in Maart 2018. Gaan na www.wat.co.za om deel te neem aan Borg ’n Woord waardeur jy ook gratis toegang tot die Aanlyn-WAT verkry.

Meer oor:  Wat  |  Karen Zoid  |  Woord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.