Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dié app help jou in nood
Yusuf Abramjee, Namola se hoofambassadeur. Foto: Cornel van Heerden

Die polisie en nooddienste het nou toegang tot hul eie weergawe van Uber, in die vorm van ’n gratis misdaad-reaksietoepassing waarmee gebruikers noodsituasies onmiddellik kan aanmeld.

Namola is Donderdag landwyd beskikbaar gestel en laat gebruikers toe om hul GPS-koördinate, naam en aard van die noodgeval met ’n 24/7-reaksie-inbelsentrum te deel.

Vir egte noodgevalle word die polisie, ander nooddienste en burgerlike reaksie-eenhede ontbied en gemonitor.

“Namola is aanvanklik begin as ’n ‘Uber vir die polisie’ in Tshwane en later in Gauteng,” sê Yusuf Abramjee, misdaad-aktivis en Namola se hoofambassadeur.

“Dit is in bedryf gestel om aan die slagoffers van misdaad toegang te bied tot ’n nuwe, innoverende manier om die polisie te kontak en het tans meer as 80 000 geregistreerde gebruikers.”

Namola is ’n slim toevoeging tot 10111. Jou oproep sal altyd beantwoord word en die inligting sal na die naaste polisiekantoor herlei word.
Warwick Scott-Rodger

Hy sê Namola verbeter doeltreffendheid en verlig die druk wat op 10111-sentrums geplaas word deur noodseine vooraf na te gaan.

Dit identifiseer ook die gebruiker se presiese ligging, wat dit maklik maak vir nooddienste om hulle op te spoor.

Dialdirect het nou met Namola in vennootskap getree en die SAUK het ook deur sy SABC3-televisiekanaal as Namola se amptelike mediavennoot by die projek aangesluit.

“Namola is ’n slim toevoeging tot 10111. Jou oproep sal altyd beantwoord word en die inligting sal na die naaste polisiekantoor herlei word,” sê Warwick Scott-Rodger, Dialdirect se uitvoerende hoof.

Volgens hom waarborg Namola nie dat die polisie betyds sal wees nie, maar verhoog dit mense se kanse om die nodige hulp te kry drasties.

Dié proeflopies wys Namola is ’n effektiewe stelsel om omkeertye te verbeter wanneer eenhede op misdaadvoorvalle en noodroepe reageer.

Scott-Rodger sê Namola verskaf ’n platform vir Suid-Afrikaners om saam te staan en die toepassing sal in die toekoms gebruik word om misdaad-gevaarpunte uit te wys en proaktiewe veiligheidswenke en inligting met gemeenskapslede te deel.

Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, sê sy is baie opgewonde oor die nasionale inwerkingstelling van Namola.

Volgens haar is proeflopies van die tegnologie in sommige van die Gauteng-verkeerspolisie se hoëverrigting-voertuie uitgevoer.

Dié proeflopies wys Namola is ’n effektiewe stelsel om omkeertye te verbeter wanneer eenhede op misdaadvoorvalle en noodroepe reageer.

“Namola is een van die grootste deurbrake wat Suid-Afrika in jare in die stryd teen misdaad gesien het. Die manier waarop ons nooddienste ontbied, betree uiteindelik die 21ste eeu,” sê Namola se Peter Matthaei.

Namola is gratis beskikbaar. Om jou foon in ’n paniekknoppie om te skakel, soek vir Namola in die Apple App Store of Google Play, of besoek Namola.com.

Meer oor:  Ikt  |  10111  |  Polisie  |  App
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.