Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Die energie was fantasties,’ sê Mej. Heelal
Zozibini Tunzi sê dis opwindend om al haar ondersteuners se liefde in werklikheid te ervaar. Foto: Verskaf

Terwyl sy oorsee was, kon sy steeds Suid-Afrikaners se liefde voel, maar om dit in werklikheid te ervaar is soveel beter, sê Zozibini Tunzi, Suid-Afrika se Mej. Heelal.

Sy het Donderdag op ’n bloedrooi bus deur die strate van Johannesburg gery en oral waar hulle gekom het, groot aandag getrek.

Sodra mense besef het dis Tunzi op die oop bus, het hulle van ver geskree: “Hallo Zozi (hoe sy alom bekend staan)”. Motoriste in die verkeer het op hul toeters gedruk en arms buite hul vensters geswaai. In Braamfontein het mense in groot getalle saamgedrom om die beeldskone Tunzi te sien.

Sy het deftig gelyk in die geel en blou rok. Sasha-Lee Olivier, die huidige Mej. SA, het Tunzi op haar busrit vergesel. Tunzi het gesê die energie van haar ondersteuners was fantasties.

“Terwyl ek weg was, kon ek Suid-Afrikaners se liefde voel deur die boodskappe wat ek op sosiale media ontvang het, maar om dit nou in werklikheid te ervaar is soveel beter,” sê Tunzi.

Dié jong vrou van die klein Oos-Kaapse dorpie Tsolo sê Suid-Afrika sal altyd haar tuiste bly, alhoewel sy nou haar vlerke sprei. Haar besoek aan die Oos-Kaap het haar nostalgies gemaak, veral om weer haar vriende te kon sien.

erwyl ek weg was, kon ek Suid-Afrikaners se liefde voel deur die boodskappe wat ek op sosiale media ontvang het, maar om dit nou in werklikheid te ervaar is soveel beter.

“Dit was goed om te sien my vriende se drome het ook waar geword. Ons almal het saam grootgeword, nou leef ons ons drome uit. Niks kan ons keer nie. Hulle is dokters, prokureurs en betrokke in die mediawêreld.”

Soos Tunzi haarself Saterdag met haar aankoms op die O.R. Tambo-lughawe belowe het, was haar eerste gereg inderdaad toe stampmielies toe sy in haar tuisdorp, Tsolo, aankom.

Tunzi sê die hoogtepunt van haar vieringe tuis sover is om te kon gesels met vyf vroue in die Oos-Kaap oor die merkwaardige verandering wat hulle as vroue maak.

Tunzi is ’n kampvegter vir gelyke regte tussen geslagte. Sy sê sy wil graag met meisies in skole gaan praat oor hoe hulle hulle in die samelewing kan vestig deur net hulself te wees.

Tunzi het ná die vieringe in Johannesburg na Kaapstad vertrek om die staatsrede by te woon.

Vrydag sien Kapenaars haar in die strate.

Zozibini Tunzi waai vir haar ondersteuners. Foto: Felix Dlangamandla
Ondersteuners neem foto’s en video’s om die oomblik te onthou. Foto: Felix Dlangamandla
Zozibini Tunzi op die rooi bus in Johannesburg. Foto: Felix Dlangamandla
Zozibini Tunzi ry oor die Nelson Mandela-brug in Braamfontein. Foto: Felix Dlangamandla
’n Ondersteuner neem ’n foto met Zozibini Tunzi, Mej. Heelal. Foto: Felix Dlangamandla
Zozibini Tunzi, Mej. Heelal, en Sasha-Lee Olivier, Mej. SA.Foto: Verskaf
Zozibini Tunzi het deftig gelyk in die geel en blou rok wat sy gedra het. Foto: Brümilda Swartbooi

Meer oor:  Mej. Heelal  |  Zozibini Tunzi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.