Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Die Here het my gedra,’ sê rugbyspeler se weduwee

Die weduwee van die jong rugbyspeler van Robertson wat sowat twee weke gelede dood is nadat die bakkie waarop hy was, gerol het, het Dinsdag gesê die Here het haar deur sy begrafnis gedra op die dag waarop hulle sy verjaardag en hul huweliksherdenking sou vier. 

Bradley Vermeulen (27) is Sondag uit die AGS-kerk op Robertson begrawe.

Bradley se vrou, Joslen, en hul twee dogters, Zyden (2) en Q-Lynn (4).

Sy vrou, Joslen, het Dinsdag gesê die begrafnis was vir haar moeilik, maar sy was sterk.

“Die Here het my daardeur gedra,” sê Joslen, wat ook Dinsdag terug is werk toe, hoewel sy nog sukkel om die verlies te verwerk.

Bradley se broer, Heinrich, sê daar was baie mense op die begrafnis, onder andere Cassie Carstens, die hoof van Boland Rugby, asook Lionel Hendricks, voorsitter van die Robertson-rugbyklub. Talle rugbyspelers van Robertson en omstreke het dit ook bygewoon.

“Ons is vandag hier bymekaar nie net om afskeid te neem van Bradley nie, maar ook om hulde te bring aan ’n vader, seun, eggenoot, kollega, spanmaat, vriend en held,” het Hendricks op die begrafnis gesê.

“Die Robertson-rugby-en-voetbalklub is ’n gemeenskap-klub, en die spelers is die helde van hierdie dorp. As ’n mens deur die strate ry, sien jy oral seuns op die vlaktes rugby speel, hetsy met ’n leë plastiekbottel of plastieksak wat met papier opgestop is.

“Hierdie jong spelers noem hulself na hul helde op die dorp, en ek verseker julle, Bradley se naam weergalm gereeld in die strate. Hy was beslis ’n held.”

Benewens die kerkdiens was daar ’n private diens by Bradley se ouerhuis wat deur past. Willem Mouries gelei is.

Die egpaar het twee dogters, Q-Lynn (4) en Zyden (2).

Roubeklaers stap by die saal uit.
Roubeklaers skuif die kis.
’n Musiekgroep het liedjies tydens die begrafnisdiens gespeel.

Meer oor:  Robertson  |  Begrafnis  |  Sterf  |  Rugbyspeler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.