SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Algemeen
Dié lesers slaan vet pryse los
’n Leser en ’n metgesel wen ’n vakansie na Abu Dhabi. Hulle vlieg in ekonomiese klas met Etihad Airways en XL ­Oceanair sorg vir drie nagte se verblyf in ’n viersterhotel.

Nog Rapport-lesers het vandeesweek ’n klomp pryse gewen in ons Vakansiefees-kompetisie.

Hannes Froneman van Mbombela (Nelspruit) was die groot wenner wat ’n bos-sleepwaentjie ter waarde van R45 000 van Loftus Caravan City losgeslaan het.

Nog so ’n sleepwaentjie is op die spel, sowel as twee buitelandse vakansies.

Etihad Airways sal ’n leser en ’n metgesel met twee retoerkaartjies in besigheidsklas bederf na enige van sy bestemmings wêreldwyd. Die vlugte vertrek van Johannesburg en die lughawebelasting is ingesluit by die prys.

Etihad Airways sal nog ’n leser bederf met twee retoervliegtuigkaartjies in ekonomiese klas na Abu Dhabi. XL Oceanair sorg hier vir drie nagte se verblyf in ’n viersterhotel.

Ook op die spel is geskenkbewyse ter waarde van R2 000 en R1 000 van Spar – net reg om jou Kersinkopies mee aan te vul.

Tiger Wheel & Tyre gee geskenkbewyse ter waarde van R2 500, asook koffiemasjiene en George Foreman-braaitoestelle.

As jy nog altyd daarvan gedroom het om oor die radio te praat, is daar stemtoetse van Pretoria­FM op die spel.

Om in aanmerking te kom vir ’n prys, stuur ’n SMS met die versteekte kodewoord in die koerant, jou naam en van en waar jy woon na 34581.

  • Lees op bl. 15 meer oor hoeom in te skryf en oor die reëls envoorwaardes van die kompetisie.
  • Geluk aan ons tweede groep wenners:

Hannes Froneman wen die bos-sleepwaentjie.

Margaret Lindsay van Honeydew gaan vir ’n stemopname by PretoriaFM.

Yvonne Kok van Kilner Park, Peter Fortuin van Kuilsrivier en Magda Henning van Alberton wen geskenkbewyse van Spar.

Jannie Venter van Pennington en Kato Hocking van Bela-Bela wen geskenkbewyse van Tiger Wheel & Tyre.

Andre Reyners van Fraserburg en Erika Brink van Jacobsdal kry elkeen ’n koffiemasjien.

Sonja Liebenberg van Patensie ontvang ’n George Foreman-braaitoestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.