Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dié natuurreservate in Mpumalanga duurder

Toeriste sal vanaf 1 Desember meer moet opdok as hulle enige van die provinsiale natuurreservate in Mpumalanga wil besoek.

Die Blyderiviervallei in Graskop, Mpumalanga. Die reservaat by dié gewilde toerismebestemming is een van dié wat onder die prysverhoging val. Foto: Verskaf

Die Mpumalanga Toerisme en Parkeraad (MTPA) het Donderdag ’n algemene verhoging in sy pryse bekend gemaak.

“Ons het die verhoging geïmplementeer gegrond op die inflasiekoers van 4,5% vir alle produkaanbiedinge in ons provinsiale natuurreservate. Die jaarlikse verhoging in tariewe bied ons die geleentheid om fondse te benut om ons geriewe te verbeter sodat ons besoekers die beste ervaring kan bied,” sê Johannes Nobunga, uitvoerende hoof van die MTPA, in ’n verklaring.

Die verklaring sê verder dat alle tariewe vanaf 1 Desember in rand en waar moontlik per persoon, gehef sal word.

Volgens die MTPA se woordvoerder, Kholofelo Nkambule,

word parke soos die Krugerwildtuin nie geaffekteer nie, “want dit is slegs vir natuurreservate onder die bestuur van die MTPA”.

Die reservate waar pryse wel duurder gaan wees, is die Blyderiviervallei, Manyeleti, Ohrigstad, Andover, Sterkspruit, Songimvelo, Nooitgedachtdam, Verloren Vallei, Mthethomusha, Loskopdam, Mabusa, Mdala, SS Skosana, Mkhombo en Baberton.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.