Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dié rugbyspeler het glo tandarts se kaak gebreek
Dr. Markus Botes (26) van Pretoria kort nadat hy Dinsdag 'n operasie aan sy kakebeen ondergaan het.

Die Pretoriase tandarts wie se kakebeen gebreek is toe ’n oudspeler van die Blou Bulle hom glo geslaan het by ’n kuierplek, is Woensdag uit die hospitaal ontslaan.

Dr. Markus Botes (26) het Dinsdagaand ’n operasie aan sy kakebeen in die Life Groenkloof-hospitaal in Pretoria ondergaan.

“Ek is gelukkig uit die hospitaal, maar ek mag nie my mond groot oopmaak nie.”

Botes se gesig is baie geswel en hy moet sterk pynmedisyne drink.

Hendré Stassen (21), 'n oud-Blou Bul-rugbyspeler. Foto: Argief

Hy moet volgende week weer die mond-en-kaak-chirurg besoek om te sien hoe sy kakebeen herstel.

Netwerk24 het sedert Maandag verskeie pogings aangewend om kommentaar te kry by Hendré Stassen (21) wat volgens Botes die man is wat hom geslaan het. Hy speel rugby by die Franse rugbyklub Stade Francais.

Stassen het sedert Maandag nie sy telefoon beantwoord nie. Hy het ook nie op ’n SMS-boodskap om kommentaar reageer nie. Hy reageer ook nie op navrae op sy Facebookblad nie.

Cobus Claassen berig ’n woordvoerder van Stade Francais het Dinsdag bevestig dat hulle Netwerk24 se navraag oor die beweerde aanranding gekry het. Hulle het nog nie kommentaar gelewer nie.

Shanil Mangaroo, bemarkingsbestuurder van die Blou Bulle Maatskappy (BBM), sê die beweerde voorval het niks met hulle te doen nie, omdat Stassen al langer as twee maande nie meer vir hulle rugby speel nie.

Die beweerde slanery het omstreeks 02:00 Sondagoggend op die parkeerterrein buite ’n kuierplek in Lynnwoodweg gebeur.

Botes sê hy het met ’n eksmeisie van Stassen gesels. Hulle het vroeër die aand saam in die kuierplek gedans en gesels.

Stassen het glo ook gesels met die meisie, wat ook nie op boodskappe om kommentaar reageer het nie.

Botes sê hy het weggestap en vir ’n Uber-motor gewag om huis toe te gaan.

Stassen, wat hy glo nie ken nie, het hom toe geroep en gevra “het jy haar gesoen?”

Dr. Markus Botes (26) van Pretoria in die hospitaal.
Ek het dadelik op die grond geval en hy het my aanhou slaan.

"Die volgende oomblik toe slaan hy my. Alles het so vinnig gebeur. Ek het dadelik op die grond geval en hy het my aanhou slaan.”

Botes sê hy het nie teruggeslaan nie. “Die man is amper 2 m lank en ek het in my lewe nog nooit iemand geslaan nie.”

Hy het Sondag ’n klag van aanranding by die Brooklyn-polisiekantoor in Pretoria ingedien. Kapt. Collette Weilbach, woordvoerder van die Brooklyn-polisie, het bevestig dat ’n klag van aanranding ondersoek word.

“Hy is ’n baie goeie rugbyspeler, maar ek kan nie dat hy wegkom met wat gebeur het nie. Ek wil mense bewus maak van wat gebeur het.”

Die eksmeisie van Stassen, wie se naam aan Netwerk24 bekend is, het steeds ’n foto van haar saam met Stassen voor die Eiffel-toring in Parys op haar Facebookblad.

Die rugbyklub Stade Francais het Donderdagmiddag by navraag gesê: “Ons dra kennis van die beweerde voorval, maar is in geen posisie om kommentaar te lewer nie.”

  • Die berig is aangepas nadat dit aanvanklik gepubliseer is.

Meer oor:  Hendré Stassen  |  Tandarts  |  Stade Francais  |  Rugbyspeler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.