Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Dié sardyne dalk onveilig

Maak seker jou blikkie sardyne in tamatiesous is veilig.

West Point Processors het gister aangekondig hy onttrek sekere 400 g-blikkies aan die mark om te verseker sy produkte voldoen aan die standaarde wat verbruikers van hom verwag.

Die vervaardiger sê daar is ’n klein moontlikheid dat sommige blikkies se inhoud nie eetbaar is nie weens ’n fout in die blikproses.

Die betrokke handelsmerke is Cape Point, Saldanha en Shoprite Ritebrand, asook Check­ers en OK se eie handelsmerke.

As die kode wat bo-op die blikkie gedruk is met ZST2 of ZSC2 begin, moet verbruikers dit na die winkel terugvat, waar hulle hul geld sal terugkry.

Luidens West Point se verklaring is die meeste van die voorraad in sy fabriek of by verspreidingspunte geïsoleer of van winkelrakke afgehaal.

Mense met navrae kan die nommer 0861 083 126 bel.

Blikkies sardyne
Blikkies sardyne in tamatiesous met dié kodes op, moet na die betrokke supermark of winkel teruggeneem word vir ’n terugbetaling. Dit is net die 400 g-blikkies wat geraak is. Foto: Verskaf

Meer oor:  Blikkieskos  |  Vis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.