Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
4 varke is glad g’n sprokie
Njam-njam-njam lê dié vark en sy drie maters weg aan ’n tuin in Cradock. Die varke het hulle onlangs aangesluit by die kuddes beeste wat reeds talle van dié Karoodorp se tuine hul weiveld gemaak hetFoto: Wilna de Klerk
Knuppeldik gevreet aan sierplante en struike in Cradock se tuine, ontspan die outjies eers so ’n bietjie in die koelte van ’n boom op die sypaadjie.Foto: Wilna de Klerk

As dit nou nog drie varkies was, kon die moedelose Karoo-tuinier dalk nog ’n sprokie daarin gesien het, maar nou is dit vier vreetlustige varke.

Dié vier vreetsames is nou ook deel van die spanne vee wat al geruime tyd Cradock se tuine invaar agter sappige groenigheid aan.

Die probleem word vererger deur die hitte en droogte in die streek. In Desember het dit veral rof gegaan.

Die vier varke het Dinsdagoggend van Frerestraat tot in Cawoodstraat lekker gewei en was só knuppeldik ná hul laaste strooptog in ’n gastehuis se tuin dat hulle hulself rustig onder ’n boom op die sypaadjie neergevly en ’n slapie gevang het.

Volgens Rika Featherstonehaugh, DA-raadslid, het hulle in Desember ’n groot stryd met beeste, bokke en die varke in die dorp se tuine gehad.

Sy sê groot troppe beeste, glo honderde van hulle, waarvan party oppassers gehad het en ander nie, het in Desember Cradock se tuine hul weiveld gemaak. Die diere kom volgens haar in die rivier af tot by die sportkompleks en vaar dan die dorp in.

Talle inwoners wat met vakansie weg was, het met hul terugkoms vertrapte tuine en groot kolle beesmis as bewyse gevind.

’n Trop bokke is gereeld op die N10 buite die dorp te sien.

Dié “tuinvee” is ook al ’n warm onderwerp op Facebook.

Een inwoner vertel hier hoe hy by die gesondheidsinspekteur gaan kla het oor die slegte reuk wat van ’n huis af kom waar varke aangehou word, maar die inspekteur het net sy skouers opgehaal en verwys na vorige berigte oor dié probleem.

Meer oor:  Cradock
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.