Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek

Die SA Weerdiens waarsku teen toestande wat ’n uiters groot brandgevaar skep oor die sentrale en oostelike dele van die land asook in die weste van die Noord-Kaap.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm in die oggend met enkele reënbuie en donderstorms deur die dag.

In Pretoria styg die kwik van 18 °C die oggend tot ’n maksimum van 31 °C later, in Johannesburg van 17 °C tot 30 °C en op Vereeniging van 15 °C tot 30 °C.

Mpumalanga

Miskolle in die oggend oor die platorand, andersins sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met verspreide reën en donderstorms in die weste.

Op Mbombela is die temperatuur 20 °C die oggend. Dit styg later tot 30 °C.

Limpopo

Miskolle sal in die oggend oor die platorand voorkom, andersins sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees met enkele reënbuie en donderstorms oor die binneland en die suidooste.

Op Polokwane is die minimum temperatuur 17 °C en die maksimum 31 °C.

Noordwes

Dit sal uiters warm in die weste wees. Elders is dit gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderstorms in die ooste.

Op Mahikeng styg die temperatuur van 19 °C die oggend tot 34 °C later en op Vryburg van 19 °C tot 37 °C.

Vrystaat

Dit sal aanvanklik bewolk wees in die noordooste, andersins is dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie in die ooste.

In Bloemfontein is die minimum temperatuur 17 °C en die maksimum 34 °C.

Wes-Kaap

Dit sal bewolk wees langs die suidkus en die aangrensende binneland. In die binneland sal dit later gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees. Teen die aand word dit bewolk langs die suidkus en hier en daar langs die weskus.

In Kaapstad is die oggendtemperatuur 20 °C en die maksimum 27 °C en in George 18 °C en 25 °C.

Noord-Kaap

Misweer kan in die oggend en aand langs die kus verwag word. In die binneland is dit mooiweer en warm tot baie warm.

In Kimberley is die minimum temperatuur 16 °C en die maksimum 36 °C en op Upington 19 °C en 37 °C.

Oos-Kaap

In die weste sal dit aanvanklik bewolk wees, maar dit word mooiweer en warm. Dit sal in die middag gedeeltelik bewolk word.

In die ooste kan miskolle in die oggend langs die platorand verwag word. Elders is dit mooiweer en warm. In die ooste word dit gedeeltelik bewolk en enkele donderstorms is in die middag moontlik.

In Port-Elizabeth styg die kwik van 19 °C tot 23 °C en in Oos-Londen van 20 °C tot 24 °C.

KwaZulu-Natal

Oggendmis sal oor die binneland voorkom, andersins sal dit bewolk en warm wees. Dit sal gedeeltelik bewolk word met verspreide donderstorms in die middag.

In Durban styg die temperatuur van 21 °C tot 29 °C, op Richardsbaai van 22 °C tot 30 °C en in Pietermaritzburg van 18 °C tot 29 °C.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.