Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat golwe van 6 m tot 7 m Saterdag tussen Plettenbergbaai en Oos-Londen verwag kan word.

Gauteng

Matig tot warm.

In Pretoria is die minimum temperatuur 11 °C en die maksimum 28 °C, in Johannesburg 10 °C en 27 °C en in Vereeniging en omgewing 8 °C en 27 °C.

Mpumalanga

Matig tot warm, maar baie warm in die Laeveld. In die aand sal dit bewolk wees oor die suidoostelike Hoëveld, in die omgewing van Piet Retief en Ermelo, en teen die aand na die platorand versprei.

Op Mbombela is die minimum temperatuur 14 °C en die maksimum 28 °C.

Limpopo

Matig en warm tot baie warm.

Op Polokwane is die temperatuur in die oggend 11 °C en 29 °C later in die dag.

Noordwes

Matig en warm.

Op Mahikeng styg die kwik van 14 °C tot 28 °C en op Vryburg van 13 °C tot 27 °C.

Vrystaat

Matig en warm, maar koel in die ooste.

In Bloemfontein is die minimum temperatuur 10 °C en die maksimum 26 °C.

Noord-Kaap

Matig en koel tot warm.

In Kimberley is die minimum temperatuur 12 °C en die masimum 27 °C en op Upington 12 °C en 31 °C.

Wes-Kaap

Bewolk langs die suidkus, andersins gedeeltelik bewolk, matig en koel, maar warm hier en daar in die weskus-gebied.

In Kaapstad is die oggendtemperatuur 13 °C. Dit styg mettertyd tot 20 °C. In George is dit 12 °C en 18 °C.

Oos-Kaap

In die weste sal dit gedeeltelik bewolk en koel wees, maar bewolk met enkele reënbuie word langs die kus, wes van Port Elizabeth, voorspel. In die ooste sal dit bewolk en koel wees, met enkele reënbuie en reën in plekke suid van die platorand.

In Port Elizabeth styg die kwik van 13 °C tot 20 °C en in Oos-Londen van 16 °C tot 19 °C.

KwaZulu-Natal

Oggendmis oor die binneland en matig in die weste, andersins is dit gedeeltelik bewolk en warm, maar koel in die suide. Laatmiddag sal dit bewolk word uit die suidooste met enkele reënbuie, maar verspreide reënbuie word vir die kusgebied voorspel.

In Durban is die minimum temperatuur 18 °C en die maksimum 23 °C, op Richardsbaai 19 °C en 26 °C en in Pietermaritzburg 15 °C en 22 °C.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.