Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Dinsdag

Daar is Dinsdag ’n groot kans vir brande in die noordoostelike dele van die Noord-Kaap, asook die westelike dele van Noordwes, waarsku die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD). Hewige donderstorms word ook Dinsdag oor die noordoostelike binneland van die Oos-Kaap, westelike dele van KwaZulu-Natal, die verre noordoostelike dele van die Vrystaat en die suidelike dele van Mpumalanga verwag.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie wat minder verspreid in die suidweste sal voorkom.

  • Pretoria: 18 °C tot 30 °C
  • Johannesburg: 16 °C tot 27 °C
  • Vereeniging: 17 °C tot 28 °C

Mpumalanga

Aanvanklik bewolk met mis oor die Hoëveld en die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie wat meer verspreid oor die Hoëveld sal voorkom.

  • Mbombela: 16 °C tot 28 °C.

Limpopo

Aanvanklik bewolk in die suide, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie, behalwe in die verre noordooste.

  • Polokwane: 17 °C tot 30 °C

Noordwes

Sonnig en warm tot baie warm. Dit sal later bewolk word met enkele donderbuie behalwe in die weste waar dit baie warm sal wees.

  • Mahikeng: 19 °C tot 34 °C
  • Vryburg: 20 °C tot 36 °C

Vrystaat

Sonnig en warm tot baie warm. Dit sal later gedeeltelik bewolk word met enkele buie en donderbuie oor die sentrale dele. In die ooste sal buie en donderbuie meer verspreid voorkom.

  • Bloemfontein: 17 °C tot 33 °C

Noord-Kaap

Misnewels sal in die oggend langs die kusgebied voorkom waar dit koel sal wees, andersins sonnig en warm tot baie warm. In die ooste, waar baie warm weerstoestande voorkom, sal dit ook gedeeltelik bewolk wees.

  • Kimberley: 20 °C tot 37 °C
  • Upington: 20 °C tot 37 °C

Wes-Kaap

Aanvanklik sal bewolkte toestande oor die Weskus en die binneland voorkom, andersins sonnig tot gedeeltelik bewolk en warm. Dit sal bewolk wees langs die suidkus met reën wat in die oggend en vroeë middag sal voorkom. * Kaapstad: 17 °C tot 27 °C

  • George: 16 °C tot 23 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele van die Oos-Kaap sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met koel toestande langs die kusgebied en die aangrensende binneland. Ligte reënval sal in die middag voorkom en teen die aand se kant na die suidelike binneland versprei. Enkele donderbuie word in die middag in die noordooste verwag. In die oostelike dele van die Oos-Kaap sal dit bewolk wees met enkele buie in die oggend in die ooste. Enkele ligte buie sal in die suidweste voorkom, andersins sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met verspreide donderbuie wat oor die noordelike binneland sal voorkom. * Port Elizabeth: 16 °C tot 26 °C

  • Oos-Londen: 17 °C tot 26 °C

KwaZulu-Natal

Mis sal in die oggend oor die platorand voorkom, andersins gedeeltelik bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie.

  • Durban: 20 °C tot 27 °C
  • Richardsbaai: 20 °C tot 29 °C
  • Pietermaritzburg: 16 °C tot 28 °C
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.