Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Dinsdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê swaar reën wat oorstromings kan meebring sal na verwagting oor die Kaapse Wynlande en die Overberg-distrik uitsak.

Hewige donderbuie word voorspel vir die verre westelike dele van die Wes-Kaap, die suidoostelike dele van die Noord-Kaap, die westelike dele van die Vrystaat en die Oos-Kaap.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie in die suide.

* Pretoria: 18 °C tot 27 °C

* Johannesburg: 17 °C tot 25 °C

* Vereeniging: 15 °C tot 26 °C

Mpumalanga

Bewolk met miskolle in die oggend langs die platorand waar dit koel sal wees, andersins gedeeltelik bewolk en warm, maar baie warm in die Laeveld.

* Mbombela: 18 °C tot 25 °C

Limpopo

Bewolk in die ooste met miskolle in die oggend langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm, maar baie warm in die Limpopovallei en suidwestelike Bosveld, met enkele buie en donderbuie in die suidooste.

* Polokwane: 18 °C tot 26 °C

Noordwes

Gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie, behalwe in die verre weste en noordooste.

* Mahikeng: 18 °C tot 31 °C

* Vryburg: 17 °C tot 31 °C

Vrystaat

Bewolk met tye en koel in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie.

* Bloemfontein: 13 °C tot 25 °C

Noord-Kaap

Bewolk met miskolle langs die kus in die oggend waar dit koel sal wees. Daarna sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met enkele buie en donderbuie in die ooste. Die wind langs die kus: Lig tot matig noordwes.

* Kimberley: 15 °C tot 33 °C

* Upington: 14 °C tot 32 °C

Wes-Kaap

Bewolk en koel met miskolle in die oggend langs die weskus, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie, maar verspreide buie langs die suidkus tot die aangrensende binneland waar plaaslike oorstromings moontlik is in die Overberg-distrik.

Die wind langs die kus: Matig tot taamlik sterk suid tot suidoos.

* Kaapstad: 16 °C tot 20 °C

* George: 16 °C tot 26 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele van die Oos-Kaap sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees, met enkele buie en donderbuie. Die wind langs die kus: Matig tot taamlik sterk noordoos, word matig suidwes in die namiddag.

In die oostelike dele van die Oos-Kaap sal dit gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie wees. Die wind langs die kus: Sterk noordoos.

* Port Elizabeth: 20 °C tot 27 °C

* Oos-Londen: 24 °C tot 27 °C

KwaZulu-Natal

Miskolle in die oggend in die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie.

Die wind langs die kus: Matig tot taamlik sterk noordoos.

* Durban: 22 °C tot 29 °C

* Richardsbaai: 21 °C tot 29 °C

* Pietermaritzburg: 19 °C tot 26 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.