Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Dinsdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku daar is Dinsdag ’n besondere hoë kans op brande in die sentrale en noordelike dele van die Noord-Kaap.

Gauteng

Matig en warm tot baie warm, met gedeeltelik bewolkte toestande en verspreide donderbuie in die middag.

* Pretoria: 17 °C tot 30 °C

* Johannesburg: 17 °C tot 28 °C

* Vereeniging: 16 °C tot 29 °C

Mpumalanga

Oggend-misnewels langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm, met verspreide reënbuie en donderbuie in die noorde.

* Mbombela: 18 °C tot 30 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met verspreide reënbuie en donderbuie oor die binneland.

* Polokwane: 17 °C tot 29 °C

Noordwes

Matig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk met verspreide donderbuie in die ooste teen Dinsdagmiddag.

* Mahikeng: 18 °C tot 32 °C

* Vryburg: 18 °C tot 34 °C

Vrystaat

Matig en warm met gedeeltelik bewolkte toestande teen die middag. Verspreide donderbuie in die noordooste.

* Bloemfontein: 14 °C tot 29 °C

Noord-Kaap

Gedeeltelik bewolk en koel met oggend-misnewels langs die kus. Andersins matig en warm, maar baie warm in die noorde en sentrale binneland.

* Kimberley: 16 °C tot 34 °C

* Upington: 19°C tot 38 °C

Wes-Kaap

Warm in dele van die binneland, andersins warm en gedeeltelik bewolk tot bewolk met oggend-misnewels langs die wes- en suidkus.

* Kaapstad: 18 °C tot 26 °C

* George: 19 °C tot 25 °C

Oos-Kaap

Matig en warm tot baie warm met ligte reënval plek-plek in die westelike deel van die provinsie.

Matig en warm tot baie warm met verspreide donderbuie in die oostelike deel van die provinsie.

* Port Elizabeth: 19 °C tot 25 °C

* Oos-Londen: 20 °C tot 27 °C

KwaZulu-Natal

Matig en warm met verspreide reënbuie en donderbuie langs die kus en oor die aangrensende binneland in die middag.

* Durban: 21 °C tot 30 °C

* Richardsbaai: 23 °C tot 31 °C

* Pietermaritzburg: 18 °C tot 29 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.