Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Dinsdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat hewige donderstorms Dinsdag in die noordoostelike dele van KwaZulu-Natal sal voorkom.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie.

* Pretoria: 14 °C tot 27 °C

* Johannesburg: 13 °C tot 24 °C

* Vereeniging: 13 °C tot 25 °C

Mpumalanga

Warm tot baie warm in die Laeveld, andersins sonnig en koel met gedeeltelik bewolkte toestande, enkele buie en donderbuie, maar nie in die ooste nie.

* Mbombela: 17 °C tot 24 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk met enkele buie en reën.

* Polokwane: 14 °C tot 27 °C

Noordwes

Aanvanklik gedeeltelik bewolk in die verre ooste en noord-ooste met enkele buie en donderbuie, andersins sonnig en warm, maar koel in die verre suide.

* Mahikeng 14 °C tot 26 °C

* Vryburg 10 °C tot 25 °C

Vrystaat

Aanvanklik gedeeltelik bewolk in die verre noordooste met enkele buie en donderbuie, andersins sonnig en koel. Miskolle sal in die oggend in die sentrale en oostelike dele voorkom.

* Bloemfontein 9 °C tot 21 °C

Noord-Kaap

Miskolle in die oggend in die verre suide, waar dit koud sal wees op plekke, andersins sonnig en koel, maar warm in die verre noorde.

* Kimberley 7 °C tot 22 °C

* Upington 9 °C tot 24 °C

Wes-Kaap

Sonnig in die weste, andersins gedeeltelik bewolk en koel, maar bewolk aan die suidkus en die aangrensende binneland. Ligte reën word die oggend aan die suidkus verwag.

* Kaapstad 13 °C tot 20 °C

* George 11 °C tot 19 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele van die provinsie sal daar op plekke mis wees, andersins gedeeltelik bewolk en koel. In die oostelike dele sal bewolkte toestande met gepaardgaande mis aanvanklik op plekke voorkom, andersins gedeeltelik bewolk en koel met ’n 30%-kans op ligte reën teen die aand in die suidelike binneland.

* Port Elizabeth 12 °C tot 22 °C

* Oos-Londen 14 °C tot 24 °C

KwaZulu-Natal

Mis in die oggend in die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm, maar koel in die suide. Dit sal teen die middag bewolk word met enkele buie en donderbuie wat meer verspreid in die noordooste sal voorkom.

* Durban 19 °C tot 23 °C

* Richardsbaai 19 °C tot 26 °C

* Pietermaritzburg 15 °C tot 21 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.