Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Dinsdag

’n “Intense” kouefront word Dinsdag in die Wes-Kaap en Noord-Kaap verwag, sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD).

Die kouefront sal van Dinsdagaand tot Woensdagoggend ook na die Oos-Kaap en die Vrystaat versprei. Kleinveeboere word gewaarsku dat ’n kombinasie van reën, wind en baie lae temperature verwag word.

Die SAWD waarsku ook oor erge brandgevaar-toestande in die westelike dele van die Vrystaat en Noordwes, die Oos-Kaap, asook die oostelike dele van die Noord-Kaap en die verre oostelike dele van die Wes-Kaap.

Swaar reën wat kan lei tot vloede in sommige gebiede word ook verwag in die Kaapse Wynland, die westelike dele van die Overberg-distrik en die Kaapse metropool.

Stormsterk winde van 65 km/h word van die oggend af aan die kus tussen Kleinzee en Plettenbergbaai verwag, asook in die noordwestelike dele van die Oos-Kaap, die noordoostelike dele van die Wes-Kaap en die westelike binneland van die Noord-Kaap.

Gauteng

Mooiweer en koud tot matig.

Pretoria: 2 °C tot 23 °C

Johannesburg: 2 °C tot 22 °C

Vereeniging: 1 °C tot 22 °C

Mpumalanga

Mooiweer en koud tot warm.

Mbombela: 8 °C tot 26 °C

Limpopo

Mooiweer en koud tot matig en warm.

Polokwane: 3 °C tot 22 °C

Noordwes

Winderig op plekke, maar andersins mooiweer en koud tot warm.

Mahikeng: 4 °C tot 23 °C

Vryburg: 3 °C tot 24 °C

Vrystaat

Dit sal koud tot warm en winderig in die weste wees en elders mooiweer en koud tot warm.

Bloemfontein: -1 °C tot 21 °C

Noord-Kaap

Mooiweer en koud tot warm in die noordoostelike dele, andersins bewolk en koud, maar baie koud in hoogliggende gebiede in die suide. Reën sal in die oggend voorkom en sneeu die aand in die suidelike binneland.

Sterk tot stormsterk winde word in die westelike binneland verwag. Die wind aan die kus sal sterk noordoos tot wes waai en sal die aand matig word.

Kimberley: 3 °C tot 24 °C

Upington: 5 °C tot 22 °C

Wes-Kaap

Dit sal koud tot matig in die oostelike binneland en aan die suidkus wees en elders bewolk, koud en baie winderig met reën in die weste wat in die loop van die dag na die res van die provinsie sal versprei.

Reënbuie kan die aand voorkom, terwyl sneeu oor die westelike berge verwag word. Die wind aan die suidkus sal sterk tot stormsterk word.

Kaapstad: 13 °C tot 14 °C

George: 12 °C tot 22 °C

Oos-Kaap

Westelike deel van die Oos-Kaap:

Mooiweer en koud tot warm met byna stormsterk winde in die binneland. Dit sal die aand bewolk word in die suidweste met ligte reënbuie.

Die wind aan die kus sal matig noordwes waai en in die middag sterker waai in die weste.

In die oostelike deel van die provinsie sal dit mooiweer en koud tot warm wees met byna stormsterk winde in die binneland. Dit sal die aand gedeeltelike bewolk raak met reën in die suide van die Winterberge.

Die wind aan die kus sal matig noordwes waai en in die middag sterker waai in die weste.

Port Elizabeth: 11 °C tot 24 °C

Oos-Londen: 14 °C tot 27 °C

KwaZulu-Natal

Mooiweer en matig tot warm, maar koel in die suidweste. Noord van Richardsbaai sal die kuswind sterk noordoos

waai, andersins matig.

Durban: 12 °C tot 27 °C

Richardsbaai: 12 °C tot 29 °C

Pietermaritzburg: 5 °C tot 28 °C

Meer oor:  Kouefront  |  Weer In Jou Streek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.