Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Dinsdag

Gedeeltelik bewolkte tot bewolkte en koel weer word Dinsdag oor groot dele van die land verwag.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het geen weerwaarskuwings uitgereik nie.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en koel.

* Pretoria: 10 °C tot 26 °C

* Johannesburg: 8 °C tot 25 °C

* Vereeniging: 8 °C tot 24 °C

Mpumalanga

Meestal bewolk en koel met mis en motreën in die oggend oor die platorand. Gedeeltelik bewolk in die suide teen die middag.

* Mbombela: 12 °C tot 18 °C

Limpopo

Bewolk in die ooste met mis in die oggend en motreën oor die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en koel, maar warm oor die suidweste.

* Polokwane: 8 °C tot 18 °C

Noordwes

Sonnig en warm, maar koel in die suidooste.

* Mahikeng: 6 °C tot 27 °C

* Vryburg: 2 °C tot 25 °C

Vrystaat

Bewolk in die ooste met mis in die oggend, andersins mooiweer en koel, maar koud in die verre ooste.

* Bloemfontein: 1 °C tot 23 °C

Noord-Kaap

Ryp in die oggend oor die suidelike binneland, andersins sonnig en koel, maar warm langs die kusgebied en sentrale dele. ’n Sterk oostelike tot suidoostewind sal aan die kus waai.

* Kimberley: 2 °C tot 23 °C

* Upington: 7 °C tot 25 °C

Wes-Kaap

Ryp in die oggend op plekke in die sentrale Karoo, andersins mooiweer en koel, maar warm oor die binneland. ’n Matige oostewind sal aan die kus waai, maar in die weste en suidweste sal dit sterk wees.

* Kaapstad: 12 °C tot 22 °C

* George: 5 °C tot 22 °C

Oos-Kaap

Sonnig en koel in die weste, maar gedeeltelik bewolk aan die kus in die oggend. ’n Ligte tot matige westewind sal waai wat teen die middag suid sal draai.

In die oostelike helfte sal dit mooiweer en koel wees, maar gedeeltelik bewolk aan die kus en die omliggende binneland. ’n Matige tot fris suidwestewind word aan die kus verwag en ’n lig tot matige suidewind in die aand.

* Port Elizabeth: 14 °C tot 20 °C

* Oos-Londen: 14 °C tot 21 °C

KwaZulu-Natal

Bewolk in die noorde met ligte reën in die oggend oor die verre noordooste, andersins gedeeltelik bewolk en koel. Dit sal teen die middag opklaar van die suide af. ’n Matige tot fris suidelike tot suidwestewind sal waai.

* Durban: 13 °C tot 23 °C

* Richardsbaai: 16 °C tot 23 °C

* Pietermaritzburg: 19 °C tot 23 °C

https://twitter.com/SAWeatherServic/status/1163354697404682241

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.