Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Dinsdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik vir ’n hoë brandgevaar in die noordoostelike dele van die Noord-Kaap, Vrystaat, Noordwes, Gauteng, asook die westelike dele van Mpumalanga, Limpopo en die westelike Bosveld.

Erge donderstorms word verwag op plekke in die noordooste van Noordwes en die suidwestelike dele van die Waterberg- munisipale gebied in Limpopo. Die hittegolf in Noordwes, Limpopo en die westelike Bosveld duur voort.

Gauteng

Sonnig in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en warm met los donderbuie in die middag.

* Pretoria: 17 ºC tot 34 ºC

* Johannesburg: 15 ºC tot 32 ºC

* Vereeniging: 14 ºC tot 33 ºC

Mpumalanga

Bewolk in die ooste met motreën en mis langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot koud met los buie en donderbuie.

* Mbombela: 16 ºC tot 18 ºC

Limpopo

Bewolk in die ooste met motreën en miskolle langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm met los buie en donderbuie. Dit sal warm tot baie warm in die westelike Bosveld wees.

* Polokwane: 15 ºC tot 24 ºC

Noordwes

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met los donderstorms in die ooste.

* Mahikeng: 19 ºC tot 37 ºC

* Vryburg: 14 ºC tot 36 ºC

Vrystaat

Sonnig en warm tot baie warm, maar dit sal mettertyd gedeeltelik bewolk in die noordelike en oostelike dele word met donderstorms in die ooste.

* Bloemfontein: 12 ºC tot 30 ºC

Noord-Kaap

Sonnig en warm, maar baie warm in die noorde. Die wind langs die kus sal matig suidwes waai.

* Kimberley: 10 ºC tot 33 ºC

* Upington: 13 ºC tot 34 ºC

Wes-Kaap

Sonnig en warm. Aanvanklik gedeeltelik bewolk langs die suidkus en oostelike binneland. Dit sal later sonnig en koel wees. Die wind langs die kus waai matig tot fris.

* Kaapstad: 12 ºC tot 25 ºC

* George: 10 ºC tot 20 ºC

Oos-Kaap

In die westelike helfte sal dit bewolk wees met ’n 30%-kans op reën en donderbuie in die suide. Andersins gedeeltelik bewolk en koel. Die wind langs die kus sal matig tot lig waai.

In die oostelike helfte sal dit bewolk tot koel en koud wees, met ’n 30%-kans op reën en donderstorms oor die suidelike en oostelike dele, maar verspreid langs die Wildekus. Die wind langs die kus sal lig tot matig wees en in die middag matig tot fris.

* Port Elizabeth: 11 ºC tot 19 ºC

* Oos-Londen: 13 ºC tot 18 ºC

KwaZulu-Natal

Oggendmiskolle in die binneland, andersins bewolk en koel, maar koud op plekke met los reënbuie in die oggend en aand. Die wind langs die kus sal matig wees.

* Durban: 15 ºC tot 19 ºC

* Richardsbaai: 16 ºC tot 21 ºC

* Pietermaritzburg: 11 ºC tot 16 ºC

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.