SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Dinsdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen uiters hoë brandgevaartoestande wat Dinsdag oor die noordoostelike dele van die Noord-Kaap en westelike dele van Noordwes verwag word.

Verder word gewaarsku teen swaar reënbuie wat tot kitsvloede kan lei in dele van die Overberg- en Eden-distriksmunisipaliteite in die Wes-Kaap, asook die Kou-Kamma- en Kouga-munisipaliteite in die Oos-Kaap en die Ugu- en Ethekwini-distriksmunisipaliteite in KwaZulu-Natal.

Oor die oostelike dele van die Oos-Kaap word erge donderstorms verwag, asook oor die oostelike en sentrale dele van die Vrystaat, in Noordwes, die suidelike Hoëveld van Mpumalanga en oor KwaZulu-Natal.

Gauteng

Bewolk in die oggend en later gedeeltelik bewolk en warm met verspreide reënbuie en donderstorms.

* Pretoria: 15 °C tot 27 °C

* Johannesburg: 13 °C tot 25 °C

* Vereeniging: 12 °C tot 25 °C

Mpumalanga

Oggendmiskolle sal oor die platorand voorkom, andersins sal dit bewolk en koel tot warm met verspreide reënbuie en donderstorms wees, wat verspreid in die suidooste sal voorkom.

* Mbombela: 16 °C tot 25 °C

Limpopo

Oggendmiskolle sal oor die platorand voorkom, andersins sal dit bewolk tot warm wees. Verspreide reën en donderbuie word verwag, met enkele buie in die noordooste van die provinsie.

* Polokwane: 19 °C tot 21 °C

Noordwes

Aanvanklik bewolk in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm. Verspreide reënbuie en donderstorms sal voorkom, met enkele buie in die westelike dele, waar dit baie warm sal wees.

* Mahikeng: 19 °C tot 30 °C

* Vryburg: 16 °C tot 33 °C

Vrystaat

Dit sal aanvanklik bewolk in die verre ooste en langs die Lesotho-grens wees. Andersins sal dit gedeeltelik bewolk en warm met enkele tot verspreide reënbuie en donderstorms wees, behalwe in die verre weste waar dit baie warm sal wees.

* Bloemfontein: 15 °C tot 30 °C

Noord-Kaap

Bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel met mis in die oggend langs die kus en enkele donderbuie in die suidelike dele teen die middag. Andersins mooiweer en warm tot baie warm.

Die wind langs die kus sal lig noordwestelik waai voordat dit suid draai.

* Kimberley: 15 °C tot 33 °C

* Upington: 14 °C tot 32 °C

Wes-Kaap

Mis sal plek-plek aanvanklik langs die Weskus voorkom, andersins sal dit bewolk en koel tot warm wees. Enkele tot verspreide reënbuie en donderstorms sal voorkom, maar sal wydverspreid langs die Overberg se kusgebied wees en teen die middag na die Eden-distrik versprei.

Die wind langs die kus sal sterk suidoos waai, maar matig suidwes in die westelike deel.

* Kaapstad: 17 °C tot 21 °C

* George: 16 °C tot 20 °C

Oos-Kaap

In die westelike helfte van die provinsie sal dit koel langs die kus wees, andersins bewolk tot warm met enkele reënbuie en donderstorms. Dit sal verspreid in die suidelike dele voorkom.

Die wind langs die kus sal vroegoggend sterk in plekke waai, maar matig tot sterk oos later.

In die oostelike helfte van die Oos-Kaap sal dit bewolk en warm met enkele reënbuie en donderstorms wees, wat verspreid oor die suidelike platorand sal voorkom.

Die wind langs die kus sal sterk noordoos waai, waarna dit bykans stormsterk in plekke die middag sal raak.

* Port Elizabeth: 18 °C tot 22 °C

* Oos-Londen: 19 °C tot 24 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk met tye, andersins bewolk en warm met wydverspreide reënbuie en donderstorms in die middag, maar verspreid oor die verre noordoostelike dele.

Die wind langs die kus sal matig tot sterk noord tot noordoos waai.

* Durban: 19 °C tot 25 °C

* Richardsbaai: 20 °C tot 26 °C

* Pietermaritzburg: 16 °C tot 27 °C.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.