Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Dinsdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor stormsterk suidwestewinde van tot 62 km/h Dinsdag langs die kus tussen Cannon Rocks in die Oos-Kaap en St. Lucia in KwaZulu-Natal.

Swaar donderstorms word verwag oor die distrikte van Uthukela, Umgungundlovu en Harry Gwala in KwaZulu-Natal. Swaar reën word ook verwag op plekke oor die oostelike dele van die Oos-Kaap, sowel as eThekwini en die Ugu-distrik in KwaZulu-Natal.

Gauteng

Sonnig en warm, maar baie warm in die noorde met gedeeltelik bewolkte weer en enkele buie en donderbuie laatmiddag.

* Pretoria: 18 °C tot 36 °C

* Johannesburg: 17 °C tot 34 °C

* Vereeniging: 17 °C tot 34 °C

Mpumalanga

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm, maar uiters warm in die Laeveld met enkele buie en donderbuie, maar verspreid oor die suidelike dele.

* Mbombela: 18 °C tot 37 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk en baie warm tot uiters warm met enkele buie en donderbuie oor die westelike en suidelike dele.

* Polokwane: 17 °C tot 34 °C

Noordwes

Mooiweer aanvanklik in die ooste andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie.

* Mahikeng: 20 °C tot 35 °C

* Vryburg: 23 °C tot 33 °C

Vrystaat

Sonnig aanvanklik in die ooste andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie, maar verspreid in die suidooste.

* Bloemfontein: 14 °C tot 30 °C

Noord-Kaap

Mooiweer aanvanklik in die weste andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie in die ooste, maar bewolk en koel in die suidweste in die oggend. Sterk suidelike tot suidoostewind langs die kus.

* Kimberley: 18 °C tot 32 °C

* Upington: 17 °C tot 33 °C

Wes-Kaap

Warm oor die binneland van die Weskus-distrik, andersins bewolk en koel met ligte reën in die suidwestelike en suidelike kusgebiede in die oggend wat opklaar in die weste en noordelike binneland van die middag af. Fris tot sterk suidwestelike tot suidewind aan die suidkus, andersins sterk suidelike tot suidoostewind.

* Kaapstad: 13 °C tot 19 °C

* George: 13 °C tot 19 °C

Oos-Kaap

Bewolk en koel in die westelike helfte van die provinsie met enkele buie en reën in die ooste, maar verspreid in die suide. Sterk suidwestelike wind langs die kus, wat byna stormsterk teen die middag raak.

Bewolk en koel in die oostelike helfte met verspreide buie en donderbuie, maar wydverspreid in die ooste. Sterk suidwestewind aan die kus, wat stormsterk van laatmiddag af raak.

* Port Elizabeth: 17 °C tot 20 °C

* Oos-Londen: 17 °C tot 21 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm, maar uiters warm in die noorde. Dit sal bewolk raak in die namiddag met verspreide buie en donderbuie, maar wydverspreid in die suidweste en slegs enkele buie in die noorde. Fris tot sterk noordoostewind langs die kus noord van Durban, andersins fris tot sterk suidwestewind wat byna stormsterk raak by tye.

* Durban: 17 °C tot 27 °C

* Richardsbaai: 19 °C tot 31 °C

* Pietermaritzburg: 13 °C tot 29 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.