Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Dinsdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ’n onstuimige see met deinings van tussen 6 en 12 m hoog Dinsdag tussen Plettenbergbaai en Durban. Stormsterk noordwestelike en westelike winde van tussen 65 en 100 km/h word in die oggend tussen Kaap-Agulhas en Port Alfred verwag. Stormweer sal ook in die oggend tussen Kaap-Agulhas en Plettenbergbaai voorkom.

Baie koue toestande word verwag op plekke in die hoogliggende dele van die Vrystaat, Noord-Kaap, Wes-Kaap en Oos-Kaap.

Gauteng

Sonnig en koud.

• Pretoria: 3 °C tot 14 °C

• Johannesburg: 1 °C tot 11 °C

• Vereeniging: -2 °C tot 10 °C

Mpumalanga

Sonnig en koel tot koud, maar warm in die Laeveld. Gedeeltelik bewolk in die oggend in die ooste.

• Mbombela: 4 °C tot 24 °C

Limpopo

Sonnig en koel tot warm.

• Polokwane: 3 °C tot 22 °C

Noordwes

Sonnig, winderig en koel. Koud in die suide.

• Mahikeng: 2 °C tot 15 °C

• Vryburg: -1 °C tot 13 °C

Vrystaat

Gedeeltelik bewolk, winderig en koud. Bewolk en baie koud in die verre suide waar ligte sneeu verwag word.

• Bloemfontein: 3 °C tot 8 °C

Noord-Kaap

Bewolk tot gedeeltelik bewolk en koud tot baie koud met ligte reën in die oggend. Lig tot matige sneeuval word oor die suidelike hoogliggende dele in die middag verwag.

• Kimberley: 2 °C tot 10 °C

• Upington: 4 °C tot 14 °C

Wes-Kaap

Bewolk en koud tot baie koud met reën en buie wat sal opklaar vanuit die weste in die middag. Sneeu word oor die westelike dele en die bergagtige gebiede in die ooste verwag.

• Kaapstad: 9 °C tot 14 °C

• George: 7 °C tot 17 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele sal dit bewolk en koud wees met wydverspreide buie langs die kusgebied en die aangrensende binneland, andersins verspreide reën en motreën in plekke in die binneland. Dit sal baie koud in die noordelike hoogliggende dele wees. Ligte sneeu word ook hier verwag, asook oor die suidwestelike berge.

In die oostelike dele sal dit bewolk wees in die noorde en weste met verspreide reën en buie in die suidweste, andersins gedeeltelik bewolk en baie koud. Dit sal ook koud wees langs die kusgebied.

• Port Elizabeth: 9 °C tot 13 °C

• Oos-Londen: 11 °C tot 15 °C

KwaZulu-Natal

Sonnig en koel met koue toestande in die suidweste. Dit sal later in die dag gedeeltelik bewolk wees met enkele buie en reën in die ooste.

• Durban: 11 °C tot 20 °C

• Richardsbaai: 10 °C tot 22 °C

• Pietermaritzburg: 4 °C tot 16 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.