Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Dinsdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku ’n groot kans op wegholbrande bestaan Dinsdag in die sentrale dele van Noordwes, asook die noordelike en oostelike dele van die Vrystaat.

Gauteng

Sonnig en warm. Gedeeltelik bewolk later in die dag.

• Pretoria: 13 °C tot 29 °C

• Johannesburg: 10 °C tot 27 °C

• Vereeniging: 8 °C tot 28 °C

Mpumalanga

Bewolk en koel in die ooste in die oggend met miskolle oor die platorand, andersins sonnig en warm. Gedeeltelik bewolk later in die dag.

• Mbombela: 13 °C tot 24 °C

Limpopo

Sonnig en warm, maar baie warm in die verre noordooste. Gedeeltelik bewolk later in die dag. Bewolk in die ooste.

• Polokwane: 10 °C tot 30 °C

Noordwes

Sonnig en warm. Gedeeltelik bewolk later in die dag.

• Mahikeng: 13 °C tot 31 °C

• Vryburg: 7 °C tot 30 °C

Vrystaat

Sonnig en koel tot warm. Gedeeltelik bewolk later in die dag.

• Bloemfontein: 0 °C tot 26 °C

Noord-Kaap

Aanvanklik bewolk oor die suidelike hoogliggende dele waar dit koud sal wees, andersins sonnig en koel.

• Kimberley: 0 °C tot 26 °C

• Upington: 4 °C tot 22 °C

Wes-Kaap

Aanvanklik bewolk oor die suide, andersins gedeeltelik bewolk en koel. Sonnig in die noordooste.

• Kaapstad: 9 °C tot 16 °C

• George: 7 °C tot 18 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele sal dit gedeeltelik bewolk en koel wees in die suide, andersins sonnig.

In die oostelike dele sal dit bewolk tot gedeeltelik bewolk wees met reënbuie op plekke suid van die platorand. Verspreide buie word oos van Port St. John’s verwag.

• Port Elizabeth: 10 °C tot 17 °C

• Oos-Londen: 12 °C tot 19 °C

KwaZulu-Natal

Mistig in die oggend oor die binneland, andersins bewolk en koel, maar koud in die suidweste. Enkele reënbuie word langs die suidkus en aangrensende binneland verwag.

• Durban: 16 °C tot 19 °C

• Richardsbaai: 18 °C tot 21 °C

• Pietermaritzburg: 12 °C tot 16 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.