Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Dinsdag

Die Suid-Afrikaanse weerdiens verwag Dinsdag in groot dele van die land ’n koeler dag. ’n Waarskuwing is uitgereik vir brande in die Richtersveld en Kamiesberg-munisipaliteit in die Noord-Kaap.

Gauteng

Bewolk en koel.

* Pretoria: 12 °C tot 25 °C

* Johannesburg: 11 °C tot 22 °C

* Vereeniging: 10 °C tot 24 °C

Mpumalanga

Bewolk en koel, maar koud aan die platorand waar ligte reën en misnewels verwag word.

* Mbombela: 14 °C tot 23 °C

* Standerton: 9 °C tot 27 °C

* Ermelo: 9 °C tot 24 °C

Limpopo

Ligte reën en misnewels aan die platorand, andersins bewolk en koud tot koel.

* Polokwane: 14 °C tot 32 °C

* Mokopane: 13 °C tot 27 °C

* Tzaneen: 12 °C tot 24 °C

Noordwes

Bewolk in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm met los reënbuie in die middag en donderstorms in die weste.

* Mahikeng 16 °C tot 29 °C

* Vryburg 10 °C tot 32 °C

* Rustenburg 13 °C tot 29 °C

Vrystaat

Bewolk, mistig en koel in die ooste gedurende die oggend, andersins gedeeltelik bewolk met los reënbuie en donderbuie in die noorde.

* Bloemfontein: 5 °C tot 29 °C

* Kroonstad: 9 °C tot 29 °C

* Welkom: 9 °C tot 29 °C

Noord-Kaap

Koel in die suide, andersins matig en warm tot baie warm. Dit sal later gedeeltelik bewolk in die noordooste wees met los reënbuie en donderbuie. Die wind langs die kus sal matig tot sterk waai.

* Kimberley: 6 °C tot 32 °C

* Upington: 12 °C tot 34 °C

* Springbok: 17 °C tot 31 °C

Wes-Kaap

Matig en koel tot warm. Die wind langs die kus sal matig tot sterk waai.

* Kaapstad: 11 °C tot 22 °C

* George: 10 °C tot 26 °C

* Worcester: 10 °C tot 28 °C

Oos-Kaap

Matig en koel tot warm, gedeeltelik bewolk in die ooste. Die wind langs die kus sal lig tot matig waai.

* Port Elizabeth: 10 °C tot 21 °C

* Oos-Londen: 12 °C tot 22 °C

* Graaff-Reinet: 4 °C tot 25 °C

KwaZulu-Natal

Misnewels oor die westelike en noordwestelike dele van die binneland in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en koel, maar bewolk in die noorde. Die wind langs die kus sal matig suid tot suidwes waai.

* Durban: 14 °C tot 21 °C

* Richardsbaai: 16 °C tot 22 °C

* Pietermaritzburg: 9 °C tot 22 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.