Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Dinsdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing oor erge donderstorms vir Dinsdag oor die noordwestelike dele van KwaZulu-Natal, die oostelike Hoëveld van Mpumalanga en die suidoostelike dele van Limpopo uitgereik. Stormsterk wind en hael kan tot strukturele skade lei.

’n Waarskuwing is ook uitgereik oor toestande wat tot wegholveldbrande in die sentrale binneland, insluitende die Vrystaat, Noordwes en die Laeveld van Limpopo, kan lei.

’n Hittegolf word Dinsdag vir die oostelike dele van die Noord-Kaap, die Laeveld van Limpopo, die noordwestelike dele van KwaZulu-Natal sowel as plekke in die Vrystaat en Gauteng verwag.

Gauteng

Sonnig en warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie later die dag.

• Pretoria: 18 °C tot 35 °C

• Johannesburg: 14 °C tot 32 °C

• Vereeniging: 18 °C tot 34 °C

Mpumalanga

Sonnig en warm maar baie warm in die Laeveld. Gedeeltelik bewolk in die middag met enkele donderbuie wat meer verspreid oor die suidelike Hoëveld sal wees.

• Mbombela: 18 °C tot 33 °C

Limpopo

Sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie later die dag.

• Polokwane: 17 °C tot 34 °C

Noordwes

Baie warm in die noordooste, andersins sonnig, winderig en baie warm. Gedeeltelik bewolk later die dag met enkele donderbuie in die ooste.

• Mahikeng: 20 °C tot 37 °C

• Vryburg: 14 °C tot 36 °C

Vrystaat

Warm in die suide, andersins sonnig, winderig en baie warm. Gedeeltelik bewolk later die dag met enkele donderbuie in die ooste.

• Bloemfontein: 10 °C tot 31 °C

Noord-Kaap

Mistig in die oggend langs die kusgebied waar dit koel sal wees, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm.

• Kimberley: 14 °C tot 32 °C

• Upington: 12 °C tot 28 °C

Wes-Kaap

Mistig in die oggend aan die weskus en in die Overberg, andersins bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel tot warm met ligte reën aan die suidkus.

• Kaapstad: 12 °C tot 21 °C

• George: 11 °C tot 21 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele sal dit bewolk en koel wees met ligte reën op plekke in die oggend. Sonnig in die noorde later die dag.

In die oostelike dele sal dit warm wees in die noordweste, andersins bewolk en koel met ligte reën op plekke.

• Port Elizabeth: 14 °C tot 20 °C

• Oos-Londen: 15 °C tot 22 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk en koel met mis in die oggend in die oostelike dele, andersins sonnig en warm. Warm tot baie warm in die weste sowel as noorde. Bewolk later die dag met enkele donderbuie wat meer verspreid in die noorde sal voorkom.

• Durban: 19 °C tot 23 °C

• Richardsbaai: 20 °C tot 24 °C

• Pietermaritzburg: 14 °C tot 24 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.