Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Dinsdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku teen uiters hoë brandgevaar-toestande wat Dinsdag oor die Khai-Ma-munisipaliteit in die Noord-Kaap en die Sentraal-Karoo in die Wes-Kaap verwag word.

Waarskuwings is ook uitgereik teen erge donderstorms met skadelike hael wat oor die noordoostelike dele van die Oos-Kaap kan voorkom.

Erge donderstorms met ’n moontlikheid vir oorstromings en sterk winde kan ook oor die noordoostelike dele van die Noord-Kaap, die westelike dele van Noordwes en die verre noordwestelike dele van die Vrystaat verwag word.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde donderbuie vanaf die middag.

• Pretoria: 12 °C tot 28 °C

• Johannesburg: 10 °C tot 26 °C

• Vereeniging: 11 °C tot 27 °C

Mpumalanga

Oggendmiskolle langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde donderbuie in die middag. Dit sal baie warm wees in die Laeveld.

• Mbombela: 16 °C tot 29 °C

• Standerton: 12 °C tot 27 °C

• Ermelo: 10 °C tot 25 °C

Limpopo

Oggendmiskolle langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met geïsoleerde donderbuie in die middag.

• Polokwane: 15 °C tot 28 °C

• Mokopane: 16 °C tot 30 °C

• Tzaneen: 14 °C tot 30 °C

Noordwes

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met geïsoleerde donderbuie, maar verspreid in die weste.

• Mahikeng: 16 °C tot 29 °C

• Vryburg: 15 °C tot 32 °C

• Rustenburg: 14 °C tot 25 °C

Vrystaat

Gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde donderbuie, behalwe in die suidooste.

• Bloemfontein: 13 °C tot 27 °C

• Kroonstad: 14 °C tot 26 °C

• Welkom: 15 °C tot 27 °C

Noord-Kaap

Bewolk en koel langs die kus met oggendmiskolle, andersins mooiweer en baie warm. Dit sal gedeeltelik bewolk raak vanaf die middag met geïsoleerde donderbuie, maar verspreid in die noorde.

• Kimberley: 15 °C tot 31 °C

• Upington: 21 °C tot 34 °C

• Springbok: 17 °C tot 29 °C

Wes-Kaap

Bewolk langs die kus met oggendmiskolle langs die suidkus, andersins mooiweer en warm, maar baie warm oor die binneland. Dit sal bloedig warm wees in die Klein- en Sentraal-Karoo.

• Kaapstad: 17 °C tot 26 °C

• George: 14 °C tot 21 °C

• Worcester: 16 °C tot 34 °C

Oos-Kaap

Westelike helfte van die provinsie: Mooiweer en warm, maar baie warm oor die binneland.

Oostelike helfte van die provinsie: Gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde donderbuie in die middag langs die platorand.

• Port Elizabeth: 15 °C tot 25 °C

• Oos-Londen: 16 °C tot 25 °C

• Graaff-Reinet: 11 °C tot 36 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde donderbuie in die middag in die weste.

• Durban: 17 °C tot 26 °C

• Richardsbaai: 18 °C tot 31 °C

• Pietermaritzburg: 13 °C tot 29 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.